Jy was die wind onder my vlerke
Jy was die wind onder my vlerke
Intro
onder my vlerke was jy die wind
waarmee ek die regte paaie kon vind
jy was vir jare die kompas op al my weë
jy’t die rigting wat ek moes volg getrou gegee
Vers 1
in al my drome verlang ek na jou
wil jou altyd in my arms toevou
vir soveel jare het ons saam gevlieg
op die strome van die wind gewieg
na bestemmings vir net ons twee bedoel
al wat nou oorbly is heimwee wat ek voel
Vers 2
my hande trek die lyne van jou naam
kom terug na my toe en vat my saam
kan ons tog net een keer weer probeer
die liefde wat in my brand maak so seer
ek wil in die liedjie die woorde bring
om oor elke goue oomblik te kan sing
Koor
jy was die vlerke onder die wind
waarmee ek die regte paaie vind
jy was die kompas op al my weë
die rigting wat ek moet volg gee
Vers 3
al die dae wat ons bymekaar was
het nou gebreek en versplinter soos glas
my hart lê nou stukkend as ek omdraai
my seerkry moet ek nou gaan aflaai
sodat ek ‘n nuwe toekoms kan bou
daar is geen wind onder my vlerke sonder jou
Brug
sonder jou liefde kan ek nie oorleef
dis na ons samesyn wat ek nou streef
kom wees weer die wind onder my vlerke
my verlange na jou ken geen perke
kan ons nie weer van vooraf begin
laat liefde oor al die seerkry oorwin
Koor
onder my vlerke was jy die wind
waarmee ek die regte paaie vind
jy was die kompas op al my weë
die rigting wat ek moet volg gee
(3x)
©Kopiereg Linda du Plessis 2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Ek dink dit is mooi. Het jy dit al getoonset? Sal dit graag wil hoor.