Jongste aktiwiteit:

Karoo liefde

Ek bou vir my ʼn huisie
in die dorre droë Karoo

In die wind en stof
gaan ek myself vind

Die windpomp fluit
ʼn deuntjie in die wind

Die kraai skree jou naam
jou stroopsoet woorde kom weer tevore

Die wolke gooi skadu oor die grond,
maar verdwyn weer gou soos die
mooi woorde uit jou mond

Jou liefde het jy geneem
saam die swaeltjies verhuis
tot die volgende een.

Jy het belowe ons sal dans in die reën,
maar die son brand rooi
en soos ʼn tolbos waai ek alleen.




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed