Stukkende vrou
In die skadu van ʼn hoek
sit ʼn vrou en huil.
Sy hoor die hoe-hoe van die uil
haar hande bewe oor haar kop
vrees terwyl hy haar weer en weer skop.
ʼn Red gebed is al wat sy het
sy vuiste reën oor haar neer
die bloed stroompies
oor haar wange is wat hom keer
te laat besef hy dit maak seer.
Wanhoop en verwerping klou
aan haar vas
die emosies kan sy nooit weg was
sy besoeke kom weer gou
en so ook sy leë woorde van berou
hoe gaan sy ooit weer haar
stukkende hart herbou?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek