Karoo Reën
Dit reën boetie
water hardloop vrolik
oor grys begrafnis stene,
was stof vuil Karookind.
Kersfees lekker
speel oumens kinders in
laat middag straat bad,
was skruwe vuil Karoovoete.
Oor die RDP huise
swaar, honger en brandsiek
sonbrand gesigte
sak lekker wintersop
was die Karoogemoed.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.