
Selflag
Oë lag en skarrel
tot ander se trane verander
na blou dou wat glinster
in nuwe hoop, plesier
in die nou moment.
Uitputtend moë wese,
eie vreugde word nagelaat
gereflekteer in hoe gaan dit
vrae,
alles van die beste
wense.
Jy wat altyd lag
met vrees en trane oë,
jou oë is geel van
vrae,
ń alleen siel
wat rooi brand.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.