sag
jy o’ jy so fyn sy sy sy sag soos sy so is jy soos satyn sag sag is jy die doringboom die takke kreun die skadus droom die waters dreun groen is die gras hou my styf vas koel is die water wat val mistig en vars is die bries wat jou saggies streel […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 8
HOOFSTUK 8 VOORAANSTAANDE MAKELAAR SE VROU SE LIGGAAM BY VERLATE MYNSKAG GEVIND. Die liggaam van Rebecca Morrison, vrou van Stephen Morrison, een van die stad se voorste aandele makelaars is gisteroggend by n verlate mynskag gevind. Haar liggaam is ontdek deur mnr. Jan Viviers, n plaasboer, terwyl hy lynpatrollie gedoen het. Volgens mnr. Viviers het […]
Die reën is in die rym
Vanoggend koer die duiwe weer in kanon in die Kaap. Die populiere langs die boulevard se blare kroon in eindjaargroen. Maar daar by jou is dit net sand en kluit en klip. Ek wis jou hande hunker om oor die halms van lang gras te streel, jou palms – om ‘n pluim van saad te […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 7
HOOFSTUK 7 Kas is die oggend vroeg op kantoor en gaan dadelik na kolonel le Grange toe om die saak te bespreek terwyl hulle die lykskouer en die forensiese mense se verslae afwag wat deur die oggend sal inkom. Kolonel le Grange se mening is dadelik: “Hier is n minnares betrokke, met Morrison se samewerking […]
Somerson
Blink in die lug. Vasegevang in ‘n draaikolk. Leef in die melkweg.
Een vroegaand in Desember
vyf flaminke oor die swart rivier hoe blink blink die blinkwit maan hoog bo die vuil van vaal fabrieke en die grys van die teer wat daarnaas baan sewe ganse teen die silver lug reeds lê die son in die see ver onder meeue op hul skemer vlug en ‘n brug wat sement oor die […]
Jou foto-album
Hoe mooi was jy, toe jy jonk was, Ma so ongelooflik mooi jou wange was so rosig jou lippe, liggies rooi. Jou hare was gelok, Mamma oor jou skouers en jou rug op die foto (toe jy 14 was) dit was baie jare terug. Jou glimlag was so soet, Mamma voor jul huis hier in […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 6
HOOFSTUK 6 Om by die aandelebeurs in te kom is nie so maklik nie en neem hom dit n hele halfuur om tot in Morrison se kantoor te vorder. Sy sekretaresse, n aantreklike blondekop, ontvang hom vriendelik en laat hom in Morrison se kantoor gaan sit terwyl sy Morrison laat kom. Terwyl Kas in die […]
AMETIS
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
Wat kyk Mamma?
Ag, ek kyk maar deur die ruite na die blou lug en die wolke ek kyk sommer na die bome en hoe die winde daardeur waai. Ek kyk weer na die teerpad en die lamppaal voor die huis die tuin (wat bietjie droog is) en na die kiewiet en die kraai. Ek kyk tot waar […]