Jongste aktiwiteit:

DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 7

HOOFSTUK 7

Kas is die oggend vroeg op kantoor en gaan dadelik na kolonel le Grange toe om die saak te bespreek terwyl hulle die lykskouer en die forensiese mense se verslae afwag wat deur die oggend sal inkom.

Kolonel le Grange se mening is dadelik: “Hier is n minnares betrokke, met Morrison se samewerking of nie. Ons sal moet uitvind of hy n minnares het dan het ons die moordenares ook. Ek dink ons moet die pers nou betrek en n persverklaring uitreik. Dit gaan dalk iemand wakker maak wat met inligting vorendag kom”.

Intussen is Stephen Morrison besig met die reëlings vir Rebecca se begrafnis vir die Vrydag want dan behoort die lykskouing klaar te wees en die liggaam sal dan vrygestel wees. Teen daardie tyd sal die seuns ook aangekom het van Israel af om die begrafnis van hulle ma by te woon.

Stephen skakel ook vir Shireen om haar te vertel van Rebecca se dood.

“Iets tragies het gebeur Shireen. Rebecca is vermoor en hulle het haar liggaam naby n verlate mynskag ontdek’, deel Steven haar mee toe sy haar foon antwoord.

Shireen trek haar asem in en vir n paar oomblike swyg sy voor sy antwoord: “Liefling ek is geskok en glo dit is vir jou ook n groot skok. Ek wens ek kon nou daar by jou wees om jou by te staan. Het die polisie al n idée wie haar vermoor het”.

Steven antwoord net: “Hulle vermoed dit is n vrou Shireen. Ek sal nou baie besig wees met begrafnis reëlings en sal nie by jou uitkom voor na die begrafnis Vrydag nie”.

“Ek verstaan liefling en sal geduldig vir jou wag”, antwoord sy voordat Steven die verbinding onderbreek.

Die oproep is die laaste wat op die band opgevang word voordat die foontappery onttrek word maar dit glip deur sonder dat iemand aandag daaraan gee want die inluisteraar dink nie dit is nodig om die oproep te rapporteer nie.

Shireen voel effens gerus gestel want as die polisie nog niks ontdek het wat na haar toe kan lei nie kan sy redelik veilig begin voel.

Dit is twaalfuur toe dokter Veronica du Preez haar verslag op Kas se lessenaar neersit. Sy gaan sit terwyl Kas haar verslag vinnig deurgaan om moontlike vrae wat hy het te beantwoord.

Terwyl Kas die verslag bestudeer gee sy haar kommentaar: “Kaptein dit was moeilik om n tyd van dood vas te stel maar ek dink Vrydag is in die kol. Ek kan jou nie n tyd gee nie maar sy is dood aan skedelbreuk wat deur n swaar voorwerp teen die kop veroorsaak is. Daardie stuk yster wat op die toneel gevind is is die ideale moordwapen”.

Kas sit die verslag neer: “Wat my pla is was sy nog by haar bewussyn toe die hou haar getref het of was sy bewusteloos deur verdowing of iets”.

“Moeilike vraag kaptein. Ek kon nie meer bloed kry om vir toetse weg te stuur nie en soos jyself weet het die aasvoëls haar redelik verflenter. Ek het egter weefsel weggestuur vir ontleding maar ek twyfel of dit iets gaan oplewer”.

Kas en kolonel le Grange stel die persverklaring saam op en toe die pers later die oggend in die perskamer bymekaar kom is hulle gereed.

Kolonel le Grange voer die woord: “More menere. Die lyk van een van die stad se voorste dames, Rebecca Morrison, is gisteroggend by n verlate mynskag deur n plaasboer op lyn patrollie ontdek. Sy is verlede Vrydag vermoor deur n hou wat sy toegedien is met n swaar stuk yster. Ek het vir julle n verklaring opgestel wat ek graag net so in die koerante wil laat verskyn. Ek hoop dat dit iemand na vore sal laat kom wat dalk meer inligting op die saak kan werp om ons te help met die ondersoek. Ek gaan nie nou vrae beantwoord nie want die ondersoek is nog heel in die begin stadium”.

Kas deel die verklaring uit en stap dan saam met kolonel le Grange uit sonder om vrae te antwoord.

In le Grange se kantoor besluit Kas om weer vir Morrison te gaan ondervra en is sy woorde aan le Grange: “Kolonel ek gaan hierdie man nou hamer. Ek gaan hom reguit vra of hy n minnares aangehou het.

Le Grange knik sy kop en Kas gaan na Morrison se kantoor toe. Hy is egter nie op kantoor nie en moet Kas na sy huis toe gaan.

By die hekwag moet hy wag tot die wag toestemming
kry hom in te laat. Toe hy voor die deur stop is die binne bediende reeds in die voordeur om hom in te laat en neem die hom dadelik deur na die studeerkamer toe waar Morrison reeds op hom wag.

Nadat hulle gegroet en gaan sit het val Kas dadelik weg: “Meneer Morrison, soos jy reeds weet vermoed ons dat jou vrou deur n vrou vermoor is. Ons moet dus alle moontlike leidrade opvolg. Ek gaan jou nou n baie reguit vraag vra en ek verwag n reguit antwoord”.

Kas swyg n paar oomblike om te laat insink wat hy gesê het en dan vra hy sy vraag: “Meneer Morrison jy het self gesê dat jy en jou vrou julle eie lewens lei. Mans het sekere behoeftes wat maar bly en ek gaan jou nou reguit vra, het jy n vrou in jou lewe wat jy soms besoek om hierdie behoeftes te bevredig”.

Kas hou Morrison fyn dop en is dit vir hom n paar oomblikke of Morrison vaal word van skfrik.

Morrison kry homself bymekaar en antwoord: “Kaptein nee, ek is nie daardie tipe nie en hou beslis nie so n dame aan nie. Jy is besig met bewerings wat my karakter skend en ek kan jou dagvaar daarvoor”.

In sy binneste glimlag Kas oor die manier wat Morrison hom nou probeer skrik maak maar hy sit sy aanval voort: “Is jy doodseker meneer Morrison? As ek later moet uitvind dat dit wel die geval is kan ek jou as medepligtige beskou indien dit wel sy is wat jou vrou vermoor het”.

Kas staan op en groet Morrison “Dit sal al wees vir nou meneer Morrison. Terloops ek het n persverklaring uitgereik en glo dat daar wel mense na vore sal kom wat iets êrens gesien het wat meer lig op die saak kan werp”.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak