Jongste aktiwiteit:

DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 6

HOOFSTUK 6

Om by die aandelebeurs in te kom is nie so maklik nie en neem hom dit n hele halfuur om tot in Morrison se kantoor te vorder.

Sy sekretaresse, n aantreklike blondekop, ontvang hom vriendelik en laat hom in Morrison se kantoor gaan sit terwyl sy Morrison laat kom.

Terwyl Kas in die luukse leerstoel gaan sit laat hy sy oog deur die kantoor gly. Luukse kantoor met meubels net van die beste. Die lessenaar is van kiaathout gemaak en teen die een muur staan n kiaathout glaskas met rye en rye finansiële boeke daarin. Teen die muur hang twee vergrote geraamde fotos van die stad.

Toe Morrison die kantoor inkom staan Kas dadelik op en groet hom met die hand. Hy kan sien dit is of Steven Morrison oud geword het in hierdie drie dae.

Toe hulle gaan sit val Kas met die deur in die huis: “Meneer Morrison ons het vermoedelik jou vrou gekry. Sy is vermoor en ons het haar liggaam by n verlate ou mynskag gekry. Sy is met n yster oor die kop geslaan wat vermoedelik haar dood veroorsaak het”.

Dat die medeling Morrison skok is duidelik. Hy staan op, loop na n hoekkassie toe en gooi vir hom n glasie whiskey in wat hy woordeloos wegslaan voordat hy weer kom sit.

“Wat nou kaptein”, is al wat hy kan uitkry.

“Meneer Morrison jy sal haar vir ons moet kom uitken. Dit gaan nie aangenaam wees nie want die aasvoëls het op die liggaam toegesak maar die gesig is nie so vermink dat jy haar nie sal kan uitken nie.

Morrison knik met sy kop: “Dan moet dit gedoen word kaptein. Ons kan dadelik gaan as dit jou pas dat ons dit agter die rug kan kry. Het julle dalk enige leidrade?”

Kas antwoord dadelik: “Sover het on n paar los leidrade wat forensies op die toneel gevind het maar ons kan nog nie iemand identifiseer nie. Dit wil egter voorkom of dit n vrou is wat jou vrou vermoor het”.

Vir Kas lyk dit of Morrison n oomblik skrik maar hy herstel vinnig en vra vir Kas: “Dit skakel my dus uit as verdagte kaptein”.

“Meneer Morrison op die oomblik verdink ek almal. Ek sal jou graag na die uitkenning deeglik wil ondervra, nog vandag as dit moontlik is want u moet besef dat dit nou n moordsaak is en daar kan nie tyd gemors word om die skuldige te laat wegkom nie”.

Morrison, duidelik verwese begin aanstap na sy kantoordeur toe: “Laat ons gaan kaptein. As dit wel Rebecca is het ek uit die aard van die saak baie reëlings om te tref”.

Kas stap saam en in die loop skakel hy die lykshuis om te reël dat die opsigter wag want dit is alreeds laat in die middag.

Morrison ry saam met Kas met die polisiemotor na die lykshuis toe. By die lykshuis wag die opsigter hulle in en lei hulle deur na n vertrek toe waar hulle moet wag dat hy die liggaam op n trollie instoot.

Die reuk van ontsmettingsmiddels en n doodsreuk hang swaar in die lug en Kas kan sien dat dit Morrison aantas. Die man is baie naby opgooi maar bly homself.

Dit is toe die opsigter die liggaam op die trollie, bedek met n wit laken instoot wat hy n oomblik huiwer voordat hy die laken van die gesig aftrek. Kas en Morrison knik vir hom en trek hy die laken van die gesig af weg dat Morrison die uitkenning kan doen.

Dit is te veel vir Morrison en storm hy die vertrek uit. Kas knik met sy kop vir die opsigter wat die gesig weer bedek en die liggaam begin terugstoot na die koelkamer toe. Kas volg Morrison vinnig en kry hom buite waar hy besig is om op te gooi.

“Meneer Morrison, ek weet dit is bitter onaangenaam maar ek moet weet, kan jy die liggaam as die van jou vrou, Rebecca Morrison identifiseer”, vra Kas.

Morrison knik met sy kop: “Kaptein dit is ongetwyfeld sy. Die deel van die gesig wat julle my gewys het is genoeg om haar te erken”.

Nadat Morrison die nodige dokument, dat hy die liggaam positief as die van Rebecca Morrison kon identifiseer, in die kantoor onderteken het neem Kas hom terug na sy kantoor toe om sy motor te kry. Hulle het besluit dat hy Morrison by sy huis sal gaan ondervra aangesien dit alreeds laat is.

Oppad na sy huis toe bel Kas gou sy rooikopvrou, Annatjie om haar te laat weet dat sy laat gaan wees. Annatjie was voor hulle troue ook in die speurdiens en het die romanse tussen hulle ontvlam tydens die ondersoek na die dood van Marelise Brink. Na hulle troue het sy voltyds huisvrou geword maar by die reserviste mag aangesluit. Kas het ook al geleer om na haar instinkte te luister as sy haar mening oor sake gee waarmee hy besig is en weet hy, Annatjie sal nie vanaand rus voordat sy alles uit hom uit het oor hierdie saak nie.

By Stephen se huis word hy studeerkamer toe genooi vir die ondervraging. Die studeerkamer is soos die res van die huis wat Kas gesien het, van die beste en duurste en is dit duidelik dat geld nie hier n probleem is nie. Die studeerkamer is nie groot nie maar die stinkhout lessenaar met die luuke stinkhout leerstoel vertel alles. Teen die mure hang twee vergrote fotos wat geraam is, een van homself en een van Rebecca asook twee ander wat hy aanneem die twee seuns in Israel is.

Stephen bevestig Kas se vermoede toe hulle gaan sit en hy sien Kas vir die fotos kyk: “Ons twee seuns, Abie en Nathan wat in Israel is. Ek sal hulle nou van hulle ma se tragiese dood verwittig sodra ons klaar is. Iets om te drink Kaptein”.

Kas wys die aanbod van die hand en begin met sy ondervraging: “Meneer Morrision het jy dalk enige idée wie jou vrou so kon gehaat het dat die persoon tot aksie oorgegaan het”.

“Nee kaptein. Rebecca was baie gewild onder haar vriendinne en ook in ons vriendekring. Sy was n uithaler onthaler en ons het dikwels mense onthaal wat haar altyd gekomplimenteer het”, kom die antwoord.

“Meneer Morrison ek gaan jou nou reguit vra: “Hoe was julle huwelikslewe”.

Morrison dink n paar oomblikke na: “Kaptein ek glo gelukkig. Rebecca het alles gekry wat sy wil hê in die lewe en ons het mekaar aangevul”.

Kas glimlag liggies: “Wat ek bedoel is julle seksuele lewe, was dit op n gesonde grondslag?”.

Morrisson skud sy kop: “Kaptein ons is albei besige mense en om mekaar nie te pla as een laat inkom nie slaap elkeen in sy eie kamer omdat dit ons pas. Die gebrek aan seks op hierdie ouderdom het nie een van ons gepla nie”.

Kas skiet sy volgende vraag: “Meneer Morrison, hoe lyk Rebecca se versekering. Is daar polisse op haar naam wat nou sal moet uitbetaal”.

“Kaptein sy het wel n lewenspolis op haar naam maar dit is aan die twee seuns gesedeer, ek sal niiks daarvan kry nie want ek het dit nie nodig nie”.

Kas besluit om die saak eers daar te laat en vra nog n paar algemene vrae waarna hy huis toe gaan. Dit is al laat en daar is nie meer veel wat hy kan doen nie. Hy sal moreoggend die pers bymekaar kry en n pers verklaring uitreik oor Rebecca Morrison se dood. Hy moet ook reël dat Morrison se fone nie meer getap word nie.

By die huis gekom wag Annatjie hom in en wil dadelik alles van die saak af weet. Kas moet alles vertel en toe hy klaar is kom hulle bitter laat in die bed.

Terwyl sy styf teen Kas vaskruip lewer sy haar kommentaar: “Kas as jy sy minnares het het het jy jou moordenares. Ek wed jou hy het een van hierdie hoë klas minnaresse gehad wat n “sugar daddy” aanhou. Hy gaan dit ontken maar as jy hom hard genoeg hamer sal hy wel met die erkenning vorendag kom. Dan moet jy ook nie die moontlikheid uitsluit dat hulle dit saam beplan het nie.

Daardie storie dat n sekslose huwelik hulle nie gepla het nie glo ek nie n oomblik nie. Hy het homself verraai daar, laat my nie vertel hy kon sonder seks klaarkom nie. Hy en sy vrou het wel seker so ver uitmekaar gedryf dat daar geen seks meer tussen hulle was nie maar Morrison het dit op n ander plek gaan soek, hoor wat ek jou vannaand vertel”.

“Ek het ook daardie idée maar ek sal wel uitvind wie die minnares is en of hy met haar saam gesweer het”, antwoord Kas en raak hulle aan die slaap.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed