Die voëlverskrikkers
Die voëlverskrikkers Op ‘n landgoed net buite die dorp eensaam staan ‘n huisie van klip en klei. Hier en daar probeer iets groei, mielies en pampoen, om meer presies te wees. Kolletjies wilde hoender en duiwe sonder pos kom skrop hier alles los. Die kraaie aas die laaste krummels wat die ander voëls sou […]
Raponsie se prins
Raponsie se prins Hy was maar net ‘n gewone boer. Op sy lande het hy gewerk met pik en graaf. Die windpomp het hom voorsien van water om sy oes te seën. Hoog bo in die skuur woon ‘n meisie wie se pa vir die jong kerels gluur. Saans, as die […]
Pleeg
daaglikse gepleegde strofes ruis bo die gewetens gordyn sagte aanhoudende nutteloosheid struktuurlose klanke soos wind om ’n hoek subtiel, onbeskrywende gedagtes wat ruk gepleeg onder verdowende geheuestrome soos kuikenmoord vertolk en vergete verpleeg sonder raadpleeg soms reguit, onverbloem soms verstoke onder droë Vygie blom © Tearlach.
Lank gelede
Lank gelede Drome het gekom en gegaan soos toeka se skepe. Doelgerig, vol planne, pak ons die lewe aan soos ’n skip vol bemanning. Iewers langs die pad vaar ’n droom soos ’n skip op die see. Lewensrotse kelder dikwels ’n droom, soos rotse in die see sonder ’n ligtoring. Soos nie alle skepe ’n […]
Donkie sonder geld
Donkie sonder geld Elke dag werk hy hard. Dra sakke vol hout, soms water, anderkeer die mens. Voor die wa word hy gespan. Moeg of siek, die donkie kry nooit ’n dag om te ontspan. Soms kan dit my so verstom: hierdie dier werk sy bene krom vir net ’n bietjie gras en water in […]
Langpad
Langpad Oor berg en bult, woestyn en sand, loop die pad van eendag iewers heen. By die Weskus het die lewe gaan draai, geglo hier is nou waar die lewe my verraai. Verder aan met die pad lei die rigting na môre se land. Onbekende lê gesaai, soos geel gras sonder reën. Wie sal ooit […]
Nadat ons een was Goud
fragmente van my skeur, torring los vorm ‘n eie entiteit, ‘n eie identiteit waar ons eens gekoppel was – een stroom een hartklop lê die wieg leeg letsel jou bestaan kaartkontoere oor my lyf ©Amanda de Meillon
Skimme
skadu is jy van wat jy was soos ’n skim uit die verlede jou gedagtes, woorde en werke reflekteer ’n ander tydvak, leefwyse elke dag se normaal word dikwels onderbreek soos skim uit die niet skimagtig jou strofes wat jy uiter mitologies van jou verlede vasgepen aan skimme uit jou bakermat kan jy […]
Nooi van die koffiewinkel
Nooi by die koffiewinkel Wanneer die Koöperasie roep, bere die boere eers die ou velhoed. Beste klere word vir die dorp gedra, want ’n stukkie melktert by Bets se hoek is beslis ’n moet. Daar sit ’n nooi, met min lappies om die lyf getooi. Soos dit ’n heer betaam, bied […]