Jessie en die maan
Jossie en die maan Almal onthou vir Jossie goed, wilde hare, kaalvoetkind, altyd besig om met iets te speel in die wind. Haar pa het neffens hier geboer met Brahmane. Die teetannies het gesê die kind is gepla met die maan. Ons het gedink sy verbeel haar soms sy is ’n haas. […]
Daar waar my Maandag-huisie staan
Daar waar my Maandag-huisie staan Lande werk ken ek goed, skape boer met ’n groot velhoed. Soms, as die windpomp staan en straatkopers diepgeplante pale vir hulself neem, verlang ’n boer na ’n Maandag-huis. Iewers teen die see, dalk sommer ver waar die Grieke woon. Klein houthuis met ’n visstok in […]
Eerste water
Eerste water Wolke loer doer ver oor die horison. Die wind hark hul een vir een nader. Die son skyn asof dit sy laaste is. Sonder genade bring hy sy hitte saam. Die wind gaan lê, die son kruip weg agter donker wolke. Stilte heers, natuur praat hul eie taal. Voëltjies probeer mekaar iets vertel. […]
Peopvol hart
Propvol hart Woorde is so baie, maar te min en klein om altyd te sê. “Dankie” of “Ek is jammer” voel soos woorde wat baie geld kan kos. Tog is dankbaarheid en berou die skoene van geloof. Wou die hart nie maar eerder net klop nie? Nou word hy gevul met lief en leed — […]
Met die knip van ñ oog
Met die knip van ’n oog Môre voel so ver, gister sleep steeds agterna. “Ek wou nog” is woorde om spyt se vlerke te beskryf. Maar dit is te laat, slaan die hamer so gou soos die oog kan knip. ’n Lewe vol geleef en skielik is als verby. Soms kom maak die dood ’n […]
Na waters waar rus is
Na waters waar rus is… Massa water lê sy grens, die magtige Chobe dra ook sy naam van Kwando-rivier. Seekoei en krokodil noem dit hul huis, waterbok en leeu maak hul op sy walle tuis. Tussen mens en dier maak hul ’n lewe hier. Trots dra hy sy kroon, Ongerepte natuurskoon. Elke toeris word dadelik […]
Die beste koppie koffie
Die beste koppie koffie Soggens vroeg begin die dag met koffie op die stoep. Soms met beskuit, of net ’n sigaret. Ek verkies hom swart, sonder suiker. Jy dalk soet en met melk. Die oggend begin, natuur begin praat. Saam sit ek en jy, waardeer ’n bietjie stilte, voor ons saam met die natuur gesels. […]
Ou Boereplaas
Ou Boereplaas Oral oor ons mooie land, van elke hoek tot kant. Spog, plase, met dropperpale en grensdraad, party hoog, ander laag. Elke plaas dra sy naam. Windpompe hier en daar te sien, bees of skaap of selfs net ’n land. Vir volk en nasie sorg jy, op die boer se sweet streef jy. Saam […]