Net niks
Net niks Gemoed sleep soms swaar. Die lewe se storms wil net nie bedaar. Gejaag na niks en stemme wat spook. Van alle vrede reeds beroof. Vind iewers vir niks. Geen woorde om te verduidelik, geen “jy moet” nie. Daar waar niks rus is die geraas geblus. Rustig agteroor en niks om meer te verloor. […]
Hart se wens
Hart se wens… Soos die res van die wêreld se grootste droom, word sukses gejaag om rykdom te behaag. Tyd raak minder, uitgawes meer, om jouself te wees het langs die pad verlore geraak. Roem het ‘n duur prys om te betaal, dit word van dag tot dag bepaal. Klaar gejaag na wind, beleef ek […]
Elkeen het sy plek
Elkeen het sy plek… Wat sou die ou wêreld wees sonder elke dorp se skinderbek, die molesmaker en die man voor in die kerk? Gelukkiges swem in geld, armes verdrink in sorge. Tog kommer die ryke oor al sy skatte, en die arme maak ‘n plan en tel sy sente. Baie is regtig mooi, ander, […]
Die Oumenshande
Die oumens se hande Hou stil oor die deeg Die beeld is nou ‘n vassteek Oor die verlore bande Die blou vensters wasig Trane van onthou Soos die nuanse van gister ontvou Die spieël van die hart is jong kinders Om die kombuis tafel, luid Gehoor van wyd tot syd En ‘n traan biegel oor […]
Bewerk en Bewaak …
onrusbarend reis die wêreld deur die vensters van my oë skommel selfone die hemel van môre tot die aand in ons skole in ons kerke in ons werke in ons huise tot in ons kombuise word normale verbale kommunikasie versmoor en tussen die eerste klik en die laaste swipe grinnik/hoonlag LED-lig blou oë agter glas […]
Erosie (Goud)
Erosie en daar staan jy nog: Adamastor waar Afrika sy donker skouer teen die suide draai waar die wind ou stories uit jou klipskeure haal sout lê wit in jou klipplooie ek kom nog sonder vlag sonder kruis sonder naam net water en met die maan se hand […]
Hier op my stoep
Hier op my stoep Die oggend is nog stil van die geskarrel van ‘n mens. Natuur maak sy diere wakker. Ek sit en lees dit wat uit die mens se hart wil wees. Party is verlief, ander treur en sommiges is dankbaar. Daar is dié wat net speel met woorde, soos ‘n kop wat iewers […]
As die wind sal waai
As die wind sal waai Ou blikdam, staan amper al ‘n honderd jaar. Plek-plek het hy geroes, gaaitjies soos ‘n sif. Met boer se raad is die dam gelap. Sy sente moet hy vir nou eers raap en skraap. Hy het alles probeer om die dam weer sy eer te gee. Gelap en geseël met […]
Droë aarde
Droë aarde Met pik en graaf werk die boer sy land. Hande vol blase, stukkend gewerk. Hy stap deur die land en kyk na die krake, terwyl die son aan sy skouers kou. Hier was al water, maar die reën kom eers weer heelwat later. Met soveel geloof in ‘n wêreld vol krake en droë […]
Kommetjie tot Gannabos
weskaapse plesier van branderplankryers tot droë oeroue plantegroei elke man se plesier uitgespel wat elke oog kan sien en geniet van Kommetjie se kreef en kelpwoude tot Gannabos se droë veld en kokerbome neem my reis my op vleuels van genot iets van alles vir almal so gesog wat een mens kan beleef […]