Bosveldhuisie
Ek weet van ʼn plek, waar impala-lelies in die veld opkom en kosmosse kleurvol in die wintergras blom. Waar die kameeldoring vroegdag die eerste sonstrale vang, en die maan tot laatnag op ons voorstoep rondhang. Ek ken ń plek, waar die jakkelse snags vir die stilte blaf ‘wyl die winterbries salig deur die veldgras draf. […]
engel veer so naby.
ENGEL SO NABY. Groot is my verlange na mense reeds in hulle finale tuiskoms finale rus in ”n wêreld onbekend aan my nou groot is my hoop om eendag deel van daardie rus te wees sonder enige kommernisse, siekte of leed van ander om my, dankbaarheid vir my eie lewe, gered vir die soveelste keer […]
Al lê die Berge nog so blou.*
Al lê die berge nog so blou* As ons Kaapse berge brand, geblaas deur eie woede en die wind, dan dwarrel blom en twyg van fynbos spookpatrone oor die strand. Al lê die berge elders blou, knak Knysna-woude midde roet en as en verwronggebrande dier en voël verkool in vlam en rook se dampend grou. […]
Vannaand se drome
In wie se droomland kry ek jou? Myne … so ru onrustig wyd? Of joune… sag, vol liefde en vol spel? Maak dit saak? Solank ek jou kan vashou … jou vrouwees teen my voel… solank ek jou kan ruik… en aan jou ewigheid kan proe… kan ek weer terugkom nag na nag en krag […]
Versugting na gister
Op reis deur ‘n verlore land klip , stof , bloed en sand Geen boom , blom of plant Net ek, dis niemandsland. Geen mens, geen dier, geen lewe… Niks empatie, gevoel , gewete. Brak aarde van my siel verskroei, Sal ek ooit weer kan sien en voel? My kinders laat verstaan… dis nie wat […]
Wat jy hoor
Wie sal dan ‘n hand uitsteek na ‘n niemandsland waar iemand bloei? Vir ‘n traan wat van ‘n baie diep plek af vloei Dat ander jou sal sien vir wie jy is agter al die false kleure met geslote deure van verleidende emosies in die vorm van hul kunsies en tower stories Hulle dwaal en […]
Stille huil van die hart
Versteende woud en stukkies koud lӗ gelanken en alleen Maar hierdie tyd is net tussengeleӫ op die pad vӗrafgeleӫ Vervleg stil verlange deur hierdie winter se dorre gange
Sing jy (maar) van blomme* … (ek sing van vuur)
Die son gloei vanoggend oor die wye Karoo maar elders brand daar treine, of skole – of so nog ‘n vrou, nog ‘n kind, nog ‘n man in die straat verloor die stryd teen die vlam, die rook en die haat. Wie moet hiervoor die skuld kry – en nog smeulende vrae of is […]
*Sing jy van Blomme
In ‘n Josefskleed aangetrek kort na die eerste reën, van Spektakelberg tussen Springbok en Kleinzee tot ver verby die Oranjerivier se draai, slier jou blommetuin laatmiddag heen en weer in die lentebries. ‘n Stofstreep lê agter die donkiekar wat skud, skud sukkel oor die jakobjollie in die pad. As jy ver kyk sien jy springbok, […]