Die Bosluis
Die Bosluis Bring my terug aarde toe ek vra mooi, moenie huiwer aangesien realiteit my reeds nooi, red my uit die beswyming wat my omhels soos ‘n bosluis wat net aanhou klou vas byt geen berekening gehou net ‘n destruktiewe aanhangsel wat parasiteer aan my siel sonder keer net die aanhoudende verniel wat my insluk […]
Muisbruin
Met my muisbruin haartjies, My sproete en tande sonder draadjies, Met my seer-blou naels en klein voetjies Trap ek treurig en soetjies Die lewe deur en betwyfel Met elke tree My lewenspad in al sy weë, Ek bekommer my oor oorloë En honger kindertjies En brandmaer hondjies Sonder mamma ‘s Ek bekommer my oor die […]
Pollenys*
Pollenys pollenys jou pragtigste ding Die satynsagte hoepelrok waarin ek Saterdag klim. Bó ʼn manelpak en bolkuil verkies ek vir jou As fopdosser my keuse waarin ek trou! Pollenys pollenys hoe spoggerig lyk ek Bromponie vir ʼn troukar en halsnoer om die nek. FAK Sangbundel: “Pollenys”
Die lewenspad
Ons loop die paaie, ferm vir ons gebaan … Uitgekap in blou graniet. soms opstandig onbemoedigend, Soms ‘met n lag, Maar meesal, meesal met ‘n traan Dink ons ooit daaraan, dat die kartering van ons pad oor heuwel deur vallei, lankal ge-ets is sonder vloek of blaam? Ons slegs die instrument… van voldoening © F […]
Gister se Seer
Sal jy dan vandag, met gister se seer in jou oë, ‘n verbrokkelde siel in jou hande, te min pleisters om als vas te plak, te veel duiwels-donker in die nag, Kan rasionaliseer en glo? Glo dat jy die brandende seer kan herstel, met iemand anders se pyn? Met ou wonde oopgrawe, skerp messe insteek […]
My Ode aan Jou
Vannaand wil ek my verdrink in jou borrelbad van onbeskaamde liefde en die geure van jou vrouwees inadem om weer mens te word Vannaand wil ek weereens, Myself vind in jou arms… Jou liefde warm teen my voel… en proe onherroeplik verslaaf aan jou En wanneer die sagte oggendlig Die oosterkim verlig, Wil ek jou […]
Verwyte gekryt
Kleur op kleur Sewe keer Skitter die son Pollenys Pollenys Sal jy vir my wys Die weg uit hierdie middernag se kruis Swerf skimme in die wind vӗr-vӗr in die nanag se swart verby ‘n Storie wat homself miskyk in hierdie uur van ‘n liefdes’vuur
Oor die gebrokenheid van mossels
… kan ek nie vir jou skryf nie, ook nie oor die liefde nie. Hoe verhaal ek die hunkering in elke sel van hierdie lyf, in watter taal word verlange vasgevang. (Die woorde, die frases, die sinne bly my faal.) Ek kan dit voel, dis iets waarvan ek weet, maar ek sal nooit daaraan kan […]
‘n Eindelose lied “ Sing jy van blomme”
My ouma het altyd die mooiste rose in haar tuin gehad sy kon ure lank met hulle praat en elkeen het ‘n naam gehad Sonskyn was helder geel hartedief bloedrooi cherrie pienk en haar mooiste roos ‘n spierwitte waarmee sy haar diepste geheime kon deel ‘n Roos is soos die lewe soet en geurig maar […]