Jongste aktiwiteit:

Lede bydraesGedigte(Bladsy 899)

Tussen die lyne van ń halfklaar boek, eggo woorde deur stilte waar dit na antwoorde soek. Woorde wat rondtas in die krake van jou siel, spore daar los wat die menswees verniel. Woorde wat wil aanklank vind in gister se niks Nog boos nog blind vir die waarheid wat is. Tussen lyne wat krom is […]

Ek sit vandag my pen neer, Ek gee vandag nie meer myself My ink is op Die woorde eens gehad Vloei uit ‘n hart van smaad Wat is ek werd Behalwe hierdie snert Gestoor in hierdie kop Van woede, weemoed En sommer net… Weer en weer en weer My ink is op Dieselfde storie Hiermee […]

Yo-yo speel jy met dié vrou Yo-yo speel jy met jou God Breek jy elke tien-gebod Dryf jy met al wat vrou is spot Jy sê jy’t baie liefde Maar die soet-stroop-suiker uit jou mond Breek elke Godsverbond Soos jou woordjies slinks laat glo Jy is gestuur van bo Hoe jammer is ek oor dit […]

O sondig-man, Saggeus Verhoed-verbande, geldreus Jy’s ongewild Met al jou sondeskuld O soekend-man, Saggeus Uit jou vyeboom wat nie wil bot Soek jy na God Hy vind jou in Sy Heiligdom O belydend-man, Saggeus Hardloop vooruit Vertel die mensdom Want dit word laat O Geseënd-man, Saggeus Deur God is jy bevry Want by God’s gebod […]

Magiese realisme ʼn Kiewiet trippel rond soos ʼn Beatle op Acid “Lucy in the Sky with Diamonds” drie treë vorentoe, wieg-wieg linkerpoot in die lug – in gitswart kykers draai ʼn rolbos om en om. Met my rug teen die growwe bruin van ʼn perskeboom, bekyk ek die kring: groen, onwrikbaar groen, die lug het […]

daar waar niks of niemand ooit nog was nie geen mensevoet geen dier se spoor selfs geen sweempie eens van riet of gras nie daar waar dit net klip en duin en sand is met ‘n son wat bloedig skyn (in die ongenaakbaarheid van ‘n woestyn) – dáár borrel ‘n fontein en as ‘n Hagar […]

donker baar lig lig skyn oor kwaad en goed gister word uitgestort in ‘n vandag se beker gal gemeng met soet oudag se kennis is die van nou :geen terugkyk :geen verwyt :geen berou haas weer probeer sagter oor die jonggras balsem smeer aan die seer lig hoog jou beker tentbewoner drink ‘n heildronk op […]

As flitspoeier ontplof Vandag span jy osse, waar ploegskare breek en draai téén die dor gebeente van verset. Môre verlang jy terug: swart moerkoffie, varsgebakte brood en plaasbotter, beeste bulk in rooi Afrikaner stof. Gister onthou jy die oes, jy gooi woorde in die vuur en sien hoe gesigte wroeg. Oor ‘n leeftyd kyk jy […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed