Kruispad
oor die dooier van gemufde brood se skewe grafieklyn breek die muwwe brokke van my nagmaal D A N uit die skemerskadu’s tree ‘n begeerte na hoop om ook hierdie kruispad heelvoet te kan loop; oor geroeste doringdraad en oor haak en steek; prewelend, kouend en slukkend met kíés: sal ek lag of verstik © […]
Skenk jy . . .
skenk, ja gee daagliks mildelik troos; mirre goud en diamant uit die skatkis van jou binnekant salf my met jou bekoring in koring se bronstige geel stuur jou reddende boodskap in rooi, helder soos die son sprei jou vlerke deur engellig heilig dan veersag die brakwater van ons onseker tye met die roer van jou […]
Januskop
januskop pasop! hul hou jou dop lag nog ‘n keer teen die seer teen elke skop ou tweegesig januskop! geen verweer teen die skyn weggesleur deur jou pyn januskop, sal jy nooit leer rotse is hard serp punte sny seer wil nie meer kan nie keer januskop! kruip in jou dop daar kan jy skuil […]
Spoke van more
ek en my skaduwee tussen pad en muur gesmee vasgekeer uur na uur binne my brand ‘n vuur fietswiele draai in my kop om en om sonder stop tol om en om hoekom… hoekom die kir-kir van die wiel vreet draai-draai aan my siel spoke van more bly my by dansende skadu’s koggel my jou […]
En nou kan ek nie slaap nie
Die dag lê my gedagtes vol – van varkies in oranje tot by die verste blouste see. Van misreën in die oggend tot waar die hunker van my lyf met die soelheid van ‘n herfsdag innige verbonde smee. Van woorde uit ons monde tot by vrae wat stom – en sonder antwoord – agter geslote […]
Verby verlange se sig
My arms die wind my voete die blare tussen my en die windpomp waai die wolke heen en weer Teen die bloekomboom se stamstut sit die eens beminde hart ‘n droom, hoop, en wens wat stil verdwyn Jy brand saam die son se rooi jy haat die lewe se mooi jy is in die nag […]
Vlermuise in my kop
half-gedagtes vler- muis- hang hangende vrae aan s-p-i-n-n-e-k-o-p-d-r-a-d-e drade van genade teen my spelonk-gang dan word dit ‘n rooioog-nag honger vlermuise ontwaak vlermuise uit op die jag vlermuis-skreeue verdryf my slaap vlermuis-vrese ontplof die mosterdsaad in my verstik in die stof ‘n worstel-nag breek oop tog bring die lig met dagbreek weer hangende hoop
Witrot
witrot in ‘n doolhof van vrees sal ek nooit kan ontsnap sal ek altyd witrot wees vasgevang in ‘n labirint kan ek my pad ooit weer vind ek skarrel om en om kan nie by die antwoord kom HOEKOM HOEKOM
Tyd gemeet teen ewigheid
een sekonde gemeet teen die tik van tyd een klik van die metronoom van ewigheid een enkele noot in jou lewens simfonie een korrel sand deur die uurglas se vloei dit was al… toe jy op die teerpad val het die seepbel van jou lag gebreek splinters in jou vasgesteek jy sal nooit weer jy […]
HOOR JY DIE STEM
Hoor jy die hartseerstem van n land Opgebou in nasietrots deur bloed en sweet Hoor jy die stem roep na vryheid Aansporend agter die sweepklap op die ossewa Hoor jy die stem van gelofte Gelofte aan n Almagtige God by Bloedrivier Hoor jy die rouklag in die stem Na n oorlog wat n verbrande land […]