Krismis
asblikke versier met Kersfeespapier Kersete met koekstruif en kersies reeds vergete kers-speelgoed stukkend op die grond lê oral rond… Kersgesigte weggepak in laai en rak tot volgende jaar elkeen het terug gekeer na sy eie seer waaruit ons nie kan ontsnap wat aan ons hakskene bly hap die nuwe jaar en altyd deur Kersfees is […]
Malisendra
Jou klavierspel en sang vul die huis as jy in ‘n ander wêreld reis daar is jy die heldin word deur almal bemin as jy ophou swerf die laaste note wegsterf kyk jy vas ‘n vuil kombuis kinders wat brood vra ‘n lastige verdomde hond ‘n man met ‘n gat in sy hart en ‘n […]
Oupa
vooroor geboë Bybel bytel in jou hand psalms padkaart in jou hart laat jy jou weg aan die Here oor al het jy nie gesien het jy bly glo deur jare se swaarkry God geëer liefde wysheid geduld in jou oë het my geleer laat my kinderlik aan Jesus glo wil ek op Sy pad […]
NEMER VAN LEWENS
wees my genadig as jou lem teen my keel blink, jy’s ‘n mens nes ek (C) HMellet
OP EEN SKAAL
Menswaardig is jy vry en gelyk kan ons wees op dieselfde skaal. (C) HMellet
In Juffrou Viljoen se skoene
Juffrou Viljoen, sy woon in ‘n skoen, of mens kan dit seker ook ‘n eenslaapkamer plek in ‘n kompleksie noem. Darem gee sy vir hulle ‘n dak oor die kop, al skinder die bure so vreeslik oor die Viljoen kindertrop. Duidelik is daar geen meer pa in die prentjie. Waarskynlik ‘n lafhard of sommer ‘n […]
My Lewensrivier
My Lewensrivier Daar in die bergagtige hooglande van my ontstaan het baie sytakkies my jong lewensboloop gevoed en my aard en karaktereienskappe se loop help vorm en daar in die berglandskap is my lewensgang aanvanklik deur verskeie stroomversnellings geplaas om uiteindelik deur vlaktes heen rustig te meander en oral het my stille lewenstroom die vrugbare […]
Skemer se soeltes
Voetspore lӗ in die stof jou hande hang slap langs jou lyf en in jou siel lӗ duisend stukkies blinkertjies verstrooi Die vuur van emosie tap die geluk uit jou krane uit druk jou hart in ‘n leӫ kamer vas Voor die winter verbygaan sal die vuur van hersfskleure in die skemer se soeltes jou […]
EK LOOP DIE PAD.
EK LOOP DIE PAD. Ek loop my pad my Heer en Meesster kaalvoet nes die kaal voet klonkie oor glasstukkies en klippies oor berge en dale soms tel ek ‘n diamant op en gee dit vir die naasste een wat my pad kruis Al loop die trane oor my wange en word my kopkussing papnat […]
Olifante van die Namib
Kinders van hierdie ewige oneindige land! voetjie vir voetjie in ritmiese gelid oppad na die waterbron in die sandland Swenk nie links, swenk nie regs volg die Wyse Moeder op haar weg! deur laagtes aan die voet van sandduine op ‘n veilige roete tussen berg en kloof Waar vind jy rus vir môre se nog […]