Vier seisoene
Ek hoor hoe vier viole in tale met my praat Klanke van ʼn simfonie wat deur die snare van ʼn stringkwartet my hárt se taal ook praat. Soos die strykstokke dansend oor die snare van vier viole gly, druis vier seisoene se vibrasies vuurwarm deur my! Stringkwartet van vier seisoene herfs en lente vars ʼn […]
Om te Lewe
Om te lewe. Om te kyk is om te sien. Om te luister is om te hoor. Om te voel is om te lewe. Om lief te hê, is om dit wat saak maak te vertroetel, te vertroos en nie te oordeel nie. Om nie te meet nie, om nie vrae te vra nie. Maar […]
Maalkolk
Maalkolk (naweektema) Die swartgat- maalkolk in die sterreruim trek alles in sy omtrek nader met ongekende sterk swaartekrag, verorber en druk prooi fyn nes ‘n luislang so kompak minuskuul tot niks iewers in sy diepste buik, en nooit ontsnap iets ooit weer uit sy monster krater- muil nie. Die aardse swartgat- maalkolk sleur ook alles […]
Seshonderd Rupees
Dalk ken jy niks beter nie glo dis hoe die lewe is weet nie van kind wees nie of dit wat jy daarvan mis… Te vroeg te vinnig van jou reg as kind ontneem jou menswees en kinderhart met armoede heen. Jou kinderlike onskuld is met jou weggedoen deur die krotbuurthonde wat hulself liefdevolle ouers […]
Die seisoen kantel
Ek hou die son stywer vas tot sy warm strale sag oor my wang gly sal jy nie nog ‘n rukkie bly? Jy is die mooiste seisoen in my hart elke gedagte draai om jou teenwoordigheid Die goudgeel son het stil-stil jou glimlag vasgevang en aan my hart se venster’ruit kom hang Maar vandag voel […]
My data – bank
My data-bank My kosbare herinnerings lê veilig en knus in my hart gebêre en wieg sluimerend sag gekussing met die strelende sagte, sussende, doéf- doef doéf- doef tweeslagmaat van my hartpomp se egalige ritme wat sag weerklink in elke polsslag… Net ‘n gedagte- impuls as brug, laat ontwaak ‘n herinnering uit sy sluimer helder en […]
Arabiese lente – Haikoe
lewe sielesmart arabiese lentebloed deurdrenk die erfgrond © Anzé Bezuidenhout
Sig-sag die wind
Die val van die blare klink soos verlore note wat hard op die grond val en die wind hamer-en-sekel deur ‘n grys reӫnboog In die tolbos van genade voel ek die hede se stem verhewe my lewe in die branders van mag voel ek God se mag hou oor my wag Kuier my gedagtes om […]
‘n Wingerdstok wat gedroom het
‘n eensaam wingerdstok staan eenkant vervreemd sing elke aand ‘n tranerige klaaglied oor hoe vormloos en vrugteloos sy loot is, maar soms droom hy oor groot stroopsoet druiwe skielik hik-wip hy van die skrik sy wortels word uit sy dop geruk sy takke gesnipper of afgeknip – geplant op ‘n ander lap hy staar langsaan […]
Bevryding .
in die wit mens masker word die haat verbreek deur bloedtrane word die groen jaloesie gestop uit die skynheilige wit mens masker gebreek in die wit mens masker word die haat verbreek stuk vir stuk kraak die masker wat seer steek die bloederige wonde word met liefde verstop in die wit mens masker word die […]