Adderleystraat
(Nou loop jy so versigtig, Mamma en jy moet mooi kyk waar jy stap, maar laat rus jou hand sag op my arm – dan klim ons sáám die laaste trap.) Adderleystraat Ek wonder of die sypaadjies van Adderleystraat onthou – die klik-klak van jou hoëhakskoene verby die Stuttafordsgebou. En dra die ruite nog herinnerings […]
Voedselketting
sjuutjies en stadig spin die spinnekop nader na haar moeë prooi ‘n swartwit laksman staar-stip na die spinnekop vang haar met suskes – voedselketting waar energie vloei in sirkel sonder ‘n einde Kopiereg voorbehou: Roeline Digformaat: Haikoe
‘n Wingerdstok wat gedroom het
‘n eensaam wingerdstok staan eenkant vervreemd sing elke aand ‘n tranerige klaaglied oor hoe vormloos en vrugteloos sy loot is, maar soms droom hy oor groot stroopsoet druiwe skielik hik-wip hy van die skrik sy wortels word uit sy dop geruk sy takke gesnipper of afgeknip – geplant op ‘n ander lap hy staar langsaan […]
Die heuwel by Pietersfontein
nog strelend skemer ‘n mengelmoes van laventel ligblou lilagrys ek stap op na die heuwel klouter-kruip oor die koue klippe takkies grits-grits onder my tekkies die reënreuk ruik salig soet my longe vol van vars onbesmette oggendlug Kaapse Wewer sit soek-soek kjeeu-kjeeu na sy maatjie op die heuwel is daar veelkleurige veldblomme en ek sit-staar […]
‘n Dankbare landskap
Ek wil stap in ‘n veld waar spierwit blomme bars uit die grootheid en wydheid van die aarde Die lieflike kosmos so vӗr soos die oog kan sien vir my beteken dit die mooiste musiek ‘n pragtige boek Saam sal ons stap deur die velde die liefde vertoon in pienk en wit Ons kan soveel […]
Emosies
Emosies Ritmies tik die polslag van die lewe voort en my wa-pad is die lang-pad en ek sit voet in die hoek om weg te kom van pynlikke emosies terwyl die son met n tergende glimlag oor die kruine kom loer en warm, lou warm groet voor die nag die laaste strale vasvang deur sy […]
Ek omhels die skoonheid
Ek omhels die skoonheid Ek is lief vir die lewe Ek is lief vir my familie en vriende Ek is lief vir al die seisoene Ek ken droogtes en stompgevrete twagraspolle en in goeie reënjare weidse wuiwende grasvelde wat later soos ryp koringlande tot in die verre einders strek… Ek is lief vir musiek, digkuns, […]
Ek sal onthou
as die wolke pers word bo die gras wat groen soos dit hierdie seisoen in die Vrystaat doen as die see haar branders laat skuim oor die sand ek weer kaalvoet loop oor ‘n blinkwater strand as die lug so newel en die berg verbloem maar my najaarsaalwyn oranje lemoen as swawels sweef oor die […]
Die Minaret
Die Minaret Die minaret rank slank en pik ‘n net klein kus fyntjies na die sterretjies met ‘n spits tuit bekkie en skalkse kykie om bedags weer teen die blou lug streng en getrou as vingerwysing te dien vir gesiene en gering … Lank na hanekraai as daglig stadig lamppit opdraai deurklief vanuit die minaret […]