Klawers Vol Liefde
Op die strand staan hy, blinkswart geklee. Sy grootsheid strek verder as die blou wye see … Uit sy klawers van ebonie en ivoor, kom klanke van liefde, ‘n eng’le koor. Dié swartglans-wonder herinner aan jou; aan al die mooi waaraan ek vashou. Opgesluit in klawers lê ‘n wêreld vol prag … Jy’s nes ‘n […]
Voor Die Dag Wegsterf
Liefde het die mag om állés te word. Die liefde-deel-tye – raaiselagtig kort. Geen hartskas-drom kan daarsonder slaan. Dit laat een lewe, nie net bestaan. Daarom leef jou liefde met jou een voluit, en maak die meeste van jul saamwees-tyd. Maak van elke dag ‘n liefdesbederf; en sê “Ek lief jou” voor die dag wegsterf […]
die see roep
elke druppel elke traan elke stroom elke spruit kronkel slinger riviere vrolik lag die stroompies kabbel en singend van ver al gefluister hoe nader die branders hoe sterker die stroom vinnig vloei die water hoe luider dit dreun hoe luider gedruis hoe nader gedreun groter en groter die vreugde lag en lag singend die strome […]
Getel Getel Geweeg Gedeel
geliefde nooi my mooi my lief verlief smetteloos vlekkeloos prysloos bemin oorwin gewin verbeel gedroom gevra geseël Breek die neut van hard vergeet Net brood van verlange geëet Die suur en bitter wyn Woestyn van pyn van nimmer weet Dae gaan verby en dae van verdriet Ek skryf vir jou my minnelied Leeukuildae kom en […]
Dan skryf ek dit in die sand
Dan skryf ek dit in die sand Hoor jy my dan nie, sien jy my dan nie raak nie klaarlyklik so onbewus van my bestaan? Ek wil jou liefde en aandag hê jou naam skrywe ek in reënboogsierletters in my hart al vat hulle al die blou ink van my weg en stort dit in […]
Die oerbos
Gediertes klouter oor die reusestamme waar die takke druip met mos Die hotnostgot tik teen die ruit tik-tok tik-tok Die volk van die vlakte Die vlakte! Maar waavoor sou die hotnotsgot nog bid? wanneer sy twee groot oӫ soek na kos en water Daar swewe in die bruine lug vlinders groen en wit en die […]
Dertien letters teen die blou
miskien, in die laatheid van die lente een oggend, in die vroegste môre-uur wyl eerste lig oor die wydste Karoo teen skamel gras en bossies vuur – dalk, net so neffens Beaufort-Wes waar koue klip tot gouebruin verkleur en lammers teenaan heiningdrade wei vind ek – per abuis – ‘n gompouveer en doop dit in […]
In die pyn-see van slagting
Haar asem snak deur haar moeӫ lyf voor sy ploffend neerslaan in haar vier spore dood Geskend Gemartel Verneder Onskuld verwronge Kan daar ooit regverdiging wees vir hom wat leeg is in die gees? Hy wat alles kom verniel is daar in hom ń reine siel? Iewers in die bos hardloop ‘n renoster wesie verskrik […]
Wakker of in Droomland?
Wakker of in Droomland Ek stap in ‘n kronkelende voetpaadjie en wonder struikelend oor die ongelykte is ek wakker of stap ek in droomland so soek- soek al verder en verder want iewers het ek die liefde verloor dis dalk in die vleiland se wit leliekelke maar vind niks en meander al verder voort Sjlof-sjlaf […]