Spoelsand (Goud)
soos golwe wat voor die kuslyn dein en bruisend oor die skulpiesand breek spoel liefde ook oor die hart; nie soos borrelbranders oor ‘n strand se speelkant nie maar, soos spoelsand wat vergiet en na ‘n duisend jare heen digteen die siel se broosblou binnewand tot kwartsiet v-e-r-s-t-e-e-n Neologisme: borrelbranders = bruisende branders broosblou = […]
Ongetiteld: Senyu digvorm (Goud)
gesout teen berou was ons ons hande fluksvas in koperkomme Neologisme: fluksvas = fluks+getrou/pligsgetrou ©Loretta Szikra
Tydelike Reën
Ek hardloop deurdie reën druppels tref my voorkop en stort by my rugraad na benede, ek kyk af Ek wandel in die reën wat oor die landskap sak en my lyf is deurnat ek kyk op tyd in die reën bepaal nie die frons of ń glimlag, dit is die op of af nie die […]
strome
wel ter tale kabbelend deur woudsale welbekend in bergkatedrale aarselend oor klippies heen koel strelend oor voet en been geen doel om te vervreem tog wil sy iets openbaar as jy spieëlglad in haar staar sodat jy in jouself kan bedaar eers dan herken jy die stem wat almal maar sukkel om te tem dit […]
Karoo Reis
skud… klip en stof oor ver oop vlaktes swart sterk koffie koppies stilte sak in my moeë gemoed
Afrik Bloekoms
wit en bruin gevlek langs swart paaie breë witwortelbondels anker in droë bruin grond nou tesame in dieper Afrika water vasgeval
Somerstorms
as die winde woedend fluister en om die hoeke huil waar die dwarswinde sit en pruil tot my horison verduister in die stortvloed van wanhoop vasgekluister dobberend teen die kuslyn verskuil tot waar hoop my vrees verruil en my met vrede kom verbyster as somerstorms om my woed en ek begin in die […]
drang
wanneer skeppingsdrang vervaag en afgewater gaan lê voel brein golwe voos en verdoesel dit alles wat mooi en rein lyk digters praat van muse my muse was nog altyd ‘n muil dwars en skeef – sukkel opdraende om woorde strofes te maak dan versplinter die lig skeur ‘n sonstraaltjie deur donkerblou […]
Vloedsvaart Afdeling silwer
Vloedsvaart … Vaalvloedswater storm booskolkend in volvaart soos wolkswatte spoel sy spatskommel van gemmerbruin blinksdonkerte trommend en ketting keringloos in nydige natheid moerig stroomaf stroomsendeling sonder ‘n stapskaart met die evangelie van drenksdood wat gena’loos bo-oor alles wat ontydig in eenvoud wou lewe ‘n eintydspreek afsteek en selfvervullend in profesie in sy jaloersheid se selfsugpad […]