Soet Teugies Heuningtee
Soet Teugies Heuningtee Die liefde is so uiters delikaat soos die duursaamste en fynste porseleinkoppie teen jou lippe aan as jy die liefde indrink soos teugies soet heuningtee— Dis kwesbaar soos ‘n kleine voëltjie in growwe onsimpatieke hande wat dit soos roosblaartjies kan kneus— Die liefde is ‘n paradoks van sagte brose teerheid maar pynlik […]
Verby die dal van stilte
Ek tuur oor die horison, kyk verby die lyn wat skei tussen wat ek weet en wat verby moet gly… Ek tuit my oor om beter te hoor en slegs hol eggo’s weerklink dit sak af en begin insink verby die dal waar stilte rus Dit spoel verder as die groene velde na waar weiding […]
Engel
Engel Die bleekheid van die dag gaan ongemerk by haar verby. Groot trokke donder voort in die rigting waarin sy strompel op die pad langs haar. Sy lek haar droë lippe af. Haar gedagtes warboel en chaos sonder vorm. Engel lig haar oë langsaam op van die gruis en teer. Die son se hitte stu […]
Pa, soms onthou ek nog . . .
As die noordweswind so winterkoud waai dan sien ek weer hoe sit jy by die kers met die groot boek, wat rustig op jou skoot lê en hoor ek weer jou stem se klank in vers. Pa, soms sien ek daardie ruiter met die afkop op sy skimmelperd so reguit uit die hel en vlug […]
My drie wense
lank gelede toe ek ‘n lampie optel het ek in gedagte begin vryf my hand maak sirkels terwyl ek drie wense hoog in die lug skryf nommer een was eenvoudig, mooi en sag ek wens dat jý -net vir my- jou lag sal lag nommer twee was baie diep ek kon dit nie keer maar […]
NAWEEK 2: ‘n Altaar groter as die kerk
Twee kinders speel in die duitse kleindorpie se enigste straatjie, op en af, heen en weer. Hulle stap aan ‘n gestapelde klipmuur verby, van die soort wat gebou is voordat daar draadheinings was. Daar sien hulle hoe allerhand plante daaruit groei, kruie wat sterk ruik, bossietjies met bessies, verskillende veldblomme en, siedaar! – ‘n rosie […]
Oorwinningsgloed
soos ongesuurde brode het die oudag in jou oë gebreek terwyl jou mond sag oor die wonder van Pasga spreek – dan het die oewers van jou Eufraat wreed in twee geskeur tot waar die souttraan oor jou wange, die dors moes voed laat die bitter beker eens verbygaan; vergeef dan tog hierdie wanhoopstraan, en […]
Steenkooltrein (oktaaf)
Die Ou Steenkooltrein Ek onthou die amegtige asmatiese steenkooltrein op ysterspore se klikkeklak klikkeklak wielrefrein en die lokomotief wat tjoek tjoek die stasieterrein nader en met luide trompetter en ouwêreldse grasie inry— Dan word sissende eers stoom afgeblaas in ‘n walmsprei soos ‘n duisend seroete se rookwolke dan galmskrei die wegtrek sirenegefluit stiptelik op tyd […]
‘n Gevriesde traan
in die trietsigheid van hierdie wintersdag gluur die wolke grou verby die gebleikte son, verander die asem van ‘n ysige wind die biesiepol tot gestorwe saffraan en treur die dam – ‘n gevriesde traan © Anzé Bezuidenhout