Zoempies se klikkette-klak
As daardie vetgesmeerde treinwiele gratis draai, wag jy nie eens vir ‘n kaartjie nie – jy klim bloot met ‘n stink spoed op. Maak nie saak of die ding Zoem-Zoem, Zumba-Zumba of Zuma-Zuma maak nie. Jy ry vir hom met jou lilly-white-sorry-a$$ tot die wiele geroes vashaak. Iewers teen die einde van verlede jaar kom […]
Sandappelgeurtjies…
Ai, ek dink aan die speellekkerjare in my grysigheid se wordende ryp want sandappelgeure verstil die tyd en strooi verlange só wyd en so̒ syd. Hoor die gebons van my rietperd se hart as hy jou weerstand met minagting tart. Hoor ook hoe sag trap jou rietperd haar spoor en knyp vas om nie nou […]
Oopvoublom
Die bye zoem by die oorhangkrans oor jou wat my drome binnedans en die windjie dra jou vel se geur verbloem in die passie van jou fleur. O, ek smag soos ‘n by wat na jou toe kom om heuning te drink as jy oopvou blom want dan sal ek nektarsoet bly fees In jou […]
Genade Here Genade
Genade Here , Genade En nou bly geloof, hoop, liefde, hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde. (1kor 13:13) Maar Here die ou kindjie is wreed vermoor hoor die skok gejammer wat koor tot U oor by aanskouing en terugsteiering soos met stang en ingehoue toom die pyn afwerend wrang! GENADE HERE GENADE […]
GEVANGENE
Die stadsgedruis se hammermeule maal en kraak my siel tot as en offer dit aan die vier winde se seerowerskepe om dit in ballingskap net agter die kim te gaan verpand vir niks My siel smag om aan hakkiestakkies in die Klein Karoo te hang saam met stofwarrelwinde langarm simfoniee uit te dans saam met […]
Ma se lag en pyn
My ma se lag is die sonsopkoms wat die donkerte In my verdryf. Haar gebede dra my soos ’n suigeling aan haar lyf, haar trane reinig my, haar liedere genees my verwonde gees. Wanneer sy eendag Oud en afgeleef verhuis, Sal sy met blydskap Op my koms daar wag. © Wilhelmina Potgieter
Die Groot Trek
Die Groot Trek “Die Jirre alleen weet hoe ons met die spul snotneus kinners en blêrende boklammers by Lutz-se-puts op die trein gekom het. Die helfte aan die pram en die ander aan die speen.” Mike Booysen skuif rond op sy stoel asof hy die hele episode weer beleef. “Jy moet weet die mense ken […]
Gister is ‘n ver land (ballade vir Mary-May)
Vér in die verre verlede op ‘n dag in 1910 het die mooiste kleine baba haar eerste lewenslig gesien en wyl sy wieg in moedersarms was haar pa so trots en bly hy sing vir haar ‘n lullaby en hul noem haar, Mary-May. In die herfs van 1930 stap Mary langs die strand en ontmoet […]
Grondroof
Jy is oordwars vertrap, verslof, deur bees en bok oorwei en sonheet rol die donkies stof waar vrugte eens gedy. Die syfering waar veergoed les is nou verharde rots; die kweperlaan waar goggas nes was kindtyd Ma se trots. Die plaashuis stal vernielsug uit met afgesteelde dak; en gate wat eens vensters was verspook met […]
Aan al ons lieflike asjassies!
As oupa en ouma net rêrig kon sou ons vir jul al’s gee: Die maan, die son, tienduisend sterre om daarmee te speel; saans weer die wind om jul saggies te streel. Stringe doudruppels -met sonlig bespat- sou ons elk’oggend na julle toe vat om heerlik daarmee ’n drankie te maak wat na die lente […]