Genesende Rots #Brons
Genesende Rots Aardlippe bewe as rotse val pyn, verlange, twyfel onsekerheid skeur vure brand met woede, angs en hartseer Rook laat my verblind, verwese en verward Luister maar hoor niks hoor – maar luister nie Afgestomp, hopeloos en verdwaal Grou, o Gees van God lê my binneruim verrot kom krap die sweer oop maak skoon […]
Najaar
dis nie net die son wat láát opstaan nie en vroeër na sy lêplek gaan nie nie net die lower wat verkleur nie in terloopse afskeid van hul fleur nie dis nie net die koue wat bekruip nie met die wingerdoes alreeds gekuip nie die eerste tekens fluister klaar hier’s meer as wat die oog […]
sat en mat
vriende wat saamstaan op lewe se blad is jy sat vir iets voel jy mat dan lees jy nou die blad © Tearlach.
Eerste Liefde
Eerste Liefde Waar is die plek waar ons saam gewandel het – U en ek? Was dit langs die stil waterstroom tussen die immergroen kloof? Of in die skeur van die rots? In die reenboog se boog? Geen gat in die osoon kon die vuur in my keer! om met U te […]
Lewenspad seisoene
Lewenspad seisoene Seisoene wroegend in my lewenspad vanaf noord na suid soveel ervarings gevind deur ons land voorspoed uit God se Genade uitspruit Winter met sy koue teleurstellings onseker en bekommer tyd vir volle regstellings met warm vrolike geluk van Somer Lente met sy blommeprag blare val af en le” op grond uitkoms van drome […]
Al weer hartseer gekoop
Al weer hartseer gekoop duidelik in my te sien in my trane se loop wou net so graag mense help Haar ysigheid bring weemoed wrok en onvergenoeg ly tot tranedal se watermerke bedroef, geween en patos Bid huilend dat vrede kan herstel al my probeer eindig stukkend weer met trane myself opgetel eerder kniel vir […]
Gedig van n’ ou staaltjie
Brons afdeling Gedig van ou staaltjie wat eindig met dankie arm man wat vra vir skoene by iemand sonder voete Trane wat loop oor wange met diep wetende verlange God ons Redder is in beheer vyand kan hom nie keer Sien mense wat net meer ontvang visie om meer bymekaar te maak glad nie eers […]
Droomkind
Kom ons kyk hoe ruig die wind sy spiraalhande om jou, my kind. Droomkind- klép toe jou oë; lê by droom gedagtes jou dade neer en laat hul groei. Wit is die wolkies grys in die na-nag; want gister was… ‘n asvaal-jas. ©Morné du Preez Goue afdeling