Twee rye Spore
wanneer twee rye spore diep in jou gedagtes begin rol raak mens weg en voel so verlore aan die onthou dae wat steeds tol in gebeure wat aan my hart geruk het wanneer jy die reguit pad geloop het en mens jou dan die kronkel pad laat vat onseker oordat dinge jou laat belet gryp […]
Vraatsigboksie
so selfversekerd neem jy mense in jou mag vasgevang in ń web kom geen een klaar sonder jou van boodskap na boodskap dring jy deur na elkeen se privaatheid dis facebook, whatsapp, tiktok en nog wat noem maar op, en elkeen is so bewus van jou van soetwoordjies tot skelwoorde van christen tot antichris reenboognasie […]
Wasdae
grof en skurf is die mure afgewerk onder lê die betonvloer nat waaroor koue voete na ń wastrog sleep blomrok voorhuisvrou voetjies goed versorg loop haar matsag gang soos in ń advertensiefliek na haar waswerkplek ouma sug handwaswerk was erg ma knor masjienwaswerk is aaklig sus skree dit is robotwerk !
Leonardville (Goud)
Leonardville in die land van sand en sonskyn waar wolke leeg soos ou beloftes hang kreun die Kalahari boepensvol water ondergronds gestoor in ’n oer-akwifer nes die volstruiseierdop van ’n Khoisan-jagter maar selfs die diepste geheime word uitgedelf wanneer volksvreemdes roekeloos ongereptheid tot pokgesig boor en hulle blinkbek lag van die vetheid ontgin uit ander […]
Wan Kommunikasie
tannies vryf hande gesels afgemat manne vat hier en daar praat daadkragtig tieners neem selfies en ginnegaap maar niemand luister in ń stil kol gesels een kop oor wegloop van geklets familie naywer en geskinder kollega wedywer en gevis anders is ń kopgesprek net nie moontlik nie kommunikasie wetter deurdie eter van selfgesprek tot saamgesels […]
Vuur
die vonk is blou, papier vlam randjies opsoek na meer droë gesels maatjies die vuur is rooi, skrooi splinters dan takkies die dik hout begin broei en alles rook saam kleure begin bokspring, harde stamme klap hitte ontplof die vlamme klets uitbundig jare sonskyn gloei nou wit in die koue nag uur en gedagtes gloei […]
In die oë sigbaar
wonderbaar geskape beleef ek dit so gelate deur die hand van ons Vader geskep met soveel grasie die venster van elkeen se siel soms met trane gevul die pyn op elkeen se gesig in liggame sigbaar hangend terwyl die storie homself vertel en die oë die grootste rol vertolk lag jy, lag almal saam verruklik […]