ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 6
Ek is vieruur op en nadat ek gestort en aangetrek het is ek vyfuur reg om te ry. Ek gooi sommer op die pad die Land-Rover vol en met die son wat die oosterkim rooi teen die wolke kleur stop ek sesuur voor Cindy se huis. Sy is gereed en toe ek stop kom sy […]
Uit die Venster van my Siel
Uit Die Venster van my Siel. Blink skyn die son in my kamer En weet ek God is hier Raak elke straal my hart se punt Want Vader het kom inloer Saggies streel Hy oor my liggaam Met n briesie van n windjie En weet ek God deel n drukkie saggies prewel ek ‘Dankie’ O, […]
Wilgerboom
Wilgerboom Ver staan jy ou wilgerboom maar uit my venster is jy sigbaar heen en weer wieg jou blare ver van water is jy gelee. Soggens loer die son deur blare pragtig weerkaats die mooi in jou Snags kom karnallies met tou en bind hul bed in jou Tevrede wieg jy heen en weer want […]
EK… NET MENS
my menskor kraak en tuimel soos die toring van babel inmekaar en elke gedagte kry sy eie taal
AFDRAAI SE PAAIE
Die wilgerbome langs die dam lyk vanjaar weer mooi met hul dooprokkies blare wagtend vir die seisoen se sinjales om te verander terwyl gister se stof saggies deur die oggendwind gekielie word om houvas strepe op die grondpad by die groot hek vir die nawinde te los Die windpomp pof sy wawiel lemme halstarig tergend […]
Stellenbosch 05-03-2016 (oggend)
Die wit mis baar ‘n denneboom uit newels oor die herfs wynland donker stam met swartgroen kroon pryk beeldend aan die berg se kant. In die woonbuurt hou die boerboel wag agter ysterhek en pleistermuur en wuif vlinderblomme silwersag voor die ou stoep om die huis. Die afdak spreek victoriaans met ‘n kantpatroon in […]
Huisie vol vrede
By haar huisie, in die Bosveld – groei die mooiste spierwit roos, wat haar elke dag herinner, dat haar Skepper haar sal troos. Langs die muurtjie, wieg Gesiggies – soos hul knip-oog na die son, klomp gekleurde vlinders fladder, want haar Lente het gekom. Op haar stoepie, in ’n blombak – breek die eerste blare […]
Zambië Kuier – 2.
Voor die Avex Air Transport toonbank staan ek en wieg. Dan op die een been en dan op die ander. Ons is te vroeg. ’n Breë musadi beduie met die linkerhand en ’n kopknik dat ons moet wag. Dis nog nie tyd om haar toonbank oop te maak nie. Verder vermy sy alle oogkontak en […]
Brief aan my kroos
Wanneer die kersvlam flikkerend verflou sal jul o sal jul my dierbare kroos die omgee en liefde van jul mamma onthou Soos donderweer dreun weet ek was ook bang maar dis net Liewe Jesus wat Sy reëndruppels vang so wees dan nooit bevrees kyk ek sal in die wolke wees As jul voor ‘n kruispad […]
Jou vel was sag maar jou baard was hard.
Ek het gisteraand van jou gedroom na amper tien jaar het ons ontmoet daar was ’n kampvuur en ’n rivier daar was maanlig en naggeluide jou skouer was welkom en daar was eelte aan die binnekant van jou hand en soos ek oor jou wang gestreel het het ek besef hoeveel ek daarna verlang.