DIE LEWE
Jaag-jaag saggies slaan die muurklok twaalf wanneer die môreson skelm oor die heuwel loer en die koue vingers van die nag statig sy vertoning uitsmelt op die stil verhoog Voortploeg – voortploeg tussendeur die lewensonkruid wat geniepsig dreig om elke groenkol in my brein deur te vleg met dorings en met pyn en die werklikheid […]
HET JY AL?
Het jy al gesien hoe ‘n weggespoelde eensaam man se spore in die sand wegsink? Het jy al jou vingers by die moddergat se walle om ‘n kleilat saam gevou? Het jy al gaan kyk hoe vleg die vinke nessies by die oorhang by die dam of het jy dalk die mooi van jonkwees vir […]
WOORDE SONDER REDE
Wys my jou wysheid as die son se strale deur ons menswees vensters dros en gister se spoke kruiwa ry om ons foute aan te dra. Kom soek my tussen jou laaste seermaak woorde gekwes bebloed tussen krulgras teen die lewensrand; gaan bêre jou dinamietstok woorde in woordebunkers sonder rede terwyl genesing op die vingerpunt […]
Hart se plafon
Traandruppel biggel beloftes stalagtiet teen hart se plafon druppend val hulle stukkend gehalte kristalle sou mos kon stewig anker in suiwer kokon
Ek skryf (weer) vir jou (3) …
ek was vandag by die strand gewees gaan kyk hoe branders spoel ek het weer daar jou woorde gehoor “ons is vir mekaar bedoel” ek wou gaan kyk of ek nog jou naam daar in die seesand kry maar die golwe het dit weggespoel getekende hartjie wat sê jy’s lief vir my ek wou nog […]
Bitterbessie beloftes
Bitterbessie grys beloftes in ’n laning in ’n ry word gepluk, gestroop onge-orden gestapel op vuurwa van hoop Onnet – onbeplan in grys sakke verseël om aan oorversadig emosievolle mark wild en wakker voetstoots uit te deel Sou jy dan besluit om dit spotgoedkoop in ontvangs te neem weet maar vir ‘n feit jou totale […]
Bekoring
Ek sien en ontleed die boodskap in jou oog sonder enkel klank wat oor lippe breek voel hitte uitstraling van jou bors en buik lank voordat jou vingers strelend my wange stryk hoor die ritmiese klop van jou hart in my oor dis net hier waar ek tred met die samelewing verloor
Flenter-woorde …
flenter-woorde vlieg verward in die duister rond brok-hart-stukke val verlate eensaam op die grond seerkry-sinne spoel versmorend deur my troebel hart yskou’ trane drup en tuimel oor my siel se smart
As somers winter braak
Hoe griffel jy as mens – silwersoet herinnering, as die vlymskerp dolk, jou hartmuur binnedring. Hoe vrysweef jy soos arend – op wasem van wonderwolk, as jou drome weer verbrokkel, soos jy liefde krom vertolk. Hoe loop jy die laaste myl – as horisonne swart ontwaak, oor verspilde kleurlentes, wat in die somer winter braak. […]
Jy was die redder van my …
Ek wou nie maar ek het weer oor jou ’n gedig geskryf maar ek gaan dit net halfhartig hier noem. Jy was vieslik en onredelik ek het genadiglik myself hieruit gered. (2016/02/18 @ Anria)