Gedagtelose strande
In gedagtelose oomblikke
Poison Ivy jy
om die golwe in my brein
vat jy my hand
mosselskulp dit toe in joune
wys jy my
jou droomland se strand
vat my sagkens
om my middel
daar waar my rug
soepel buig
dan lei jy my
jou seestrome in
jy, my meerman
en ek, jou meermin.
4 Kommentare
-
Arnold
So bewaar die mosselskulp haar geheimenis, tot iemand dit oop maak ontdek hy of sy die mooiste van mooi.
-
Viooltjie
Baie goed!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Kostelik en liefderyk gepen.