‘N HANDVOL WIND
‘N HANDVOL WIND
Die lewe gaan so gou verby,
en wat het ons gekry?
‘n Stukkie lint.
‘n Handvol wind.
Wees dankbaar vir die lint.
Maar vir die wind –
wat sal ek sê,
my kind?
En tog – ons almal kry
wel iets. Soms
is dit iets
uit
niets.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.