Jongste aktiwiteit:

Soos Spoelklippies

Soos Spoelklippies

My liefde omvat die totale mens
in voorkoms en hoedanighede daarom
kan ek nie die gestalte dissekteer en
elke liggaamsdeel en eienskap afsonderlik
besing nie maar ek aanvaar en bemin
die hele aanneemlike pakket voetstoots
gebreke en voortreflikhede en al, want
die lewe slyp die ongelykhede geleidelik glad
soos spoelklippies op die rivieroewer want
volmaaktheid is nêrens te vinde en daar is
soms ‘n gles in die mooiste diamante—

Janetta – Helena [Babs] ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed