Awendster vir Amakeia
Ek roep jou naam, deur die berg klowe – Amakeia en al wat terugkeer is … eia, eia, eia, soekend wandel ek langs die dig begroeide bospaadjies, soek ek iets van jou, agter elke struik en gaatjie. Op my tog verdwaal ek tussen witstinkhout en geelhout bome wat majestueus pronk aan die voet van die […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 7
Ek dink ek het te seer gehad om op te let waarheen is Cindy werklik met my oppad en toe ek weer sien stop sy voor ma Aletta se huis. Sy wip uit die Land-Rover uit en hardloop om na die linkerkant toe om my uit te help. Ek probeer nog maar dit is te […]
Minnelied in die berg
In ’n koel-lawend bergpoel hoog teen die berg se hang rangskik ek goue liefdeskrale in lowergroen mos vasgevang groot-oog waterskilpad loer uit verweerde skuit as palmtak se minnelied ons na vêr droom verskiet Meganies retireer deur magies-waterval sproeireën waar hand, hart, honger lippe mekaar vleg-strengelvind skoenlapper in Skepperkleure meesterlik uniek gekwas fladder-vlieg, flikflooi speels met […]
Eie Afgrond
Soos strome klots oor klippe van vinnig-vloeieind’ rivier kronkelend deur klowe in malende massa oor waterval rant stort om as skuimend’ maalkolk onder weer dowwer word Rustig verder voortvloei tussen geilgroen oewerbank selfgevormd’ weg vind tot by die oopbek wag van massiewe oseaan So ons lewenswandel oor rowwe rotse ploeter wat skerp oor weë wag […]
GEE VIR MY JOU HALLO
Gee vir my jou hallo Acousticsmile Didi Cornelissen © 2006 SAMRO Reg # C3243700 (Soms wil jy hê dat iemand moet bly, tog moet hy of sy gaan.) (Capo on fret 1) Gee vir my jou hallo Hou eers jou totsiens Sê vir my weer hallo Wie hou dan van koebaai Waar is dan jou […]
Ek offer vir jou
”k breek in diep ontferming vir jou ‘n broodjie saam met die visse van ‘n kobaltblou see dan buig ek stom en skep bakhand uit die Eufraat se vloed dat die son weer oor jou geluk sal gloed ‘k doop jou met die hoopvolle wete dat jy kan vergeet om te onthou dat jou seerkry […]
Vergane gisters
papierdun skyfie van die maan gooi seën ruim in bakhand uit oor enkeling en ook vreemdeling wat verlangend na Bowe staar met gedagtes oor wat môre weer padlangs sal baar waar die strepiesmaan dan skaam met ‘n rooi gesig deur traan-swangerwolke loer trek naglug met geraamtevingers nuwe atlase oor onbekende môres ‘wyl die skadu’s langasem […]
Die rooimaan droom.
… en dit was so duidelik soos daglig (al was dit in die aand) dat die seer wat ek gedink het gaan my breek het my toe skaars geraak. Jou houe en woorde en vloek op vloek op vloek het nie die eerste laag van my bestaan deurgedring nie. … en met ’n glimlag om […]
Goue Genade geluide
Heimwee van verre verlange sing weemoedslied in duet om hoeke, op wieke van wind fluit sag met harsteer geblaas deur stegies, strate en gange Vreugde- dans volmaak inpas huppel – lag uitbundig te hard rondomtalie kaalvoet – nat as Liewe Jesus reëndruppels op rooi plaaspad spattend plas Dankbaarheid vyfgang- trippel in reguit horisontaal sonstreep want […]
DIE REëN
Die reën kom leen my van sy trane en maak sy keel skoon met gorrel drafstappies in die dak se afloop pype aarde toe. Die rankgras stuur hul advokate voor die waters uit om regte vir sluishekke te betaal na waar die gietyster stoele onder Jakaranda bome staan. Die roosbome ontdooi hul mooiste een week […]