Die Winterwind
Winterwind ( Verbei = afwag, wag op, en Danse Macabre = dans van die dood of dooies deur Camille Saint – Saëns) Dis al weer middel van Mei, wyl ons die volle winter verbei, die somer traag adieu roep in winterse melankolie met die hoep- hoep—— Waarom voel alles skielik so ver die bekende nabye […]
Laat nag wasem asems
So boos soos ‘n nag kan wees met drank ongenaakbaar en onbeheers my hart klop saam Jakaranda se top 10 laatnag treffers wat in die agtergrond af speel ek voel jou ritmes hier langs my en my oë net soos my hande kan jou nie weier nie die nag volg ons verby straatligte en flikkerende […]
‘n Donkerrooi steen
Gisteraand het die maan ontplof dit was ’n helder slag soos die flits van ’n kamera in die nag … al wat nou oor is van die maan – ’n donkerrooi steen wat gebroke in die donker lug hang – Die slag se krag was so sterk dit het tot op die aarde gestrek en […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 8
Vir twee maande gaan die lewe maar sy gewone gang. Bedags op kantoor en naweke kuier ek, ma Aletta, en Cindy maar so oor en weer by mekaar. In hierdie twee maande groei die band tussen ek en Cindy al stewiger maar van n vryery is daar geen sprake nie, dit bly maar by soms […]
Herfsharte
Soos moedernatuur seisoenkalender blaai – so ook ons gevoelens wat wild skoppelmaai soos droë bruin blare, ritselend breek kraak seisoene in harte wat weer ontwaak met aanvang van rukwind, wat blare pluk hul rondomtalie laat dartel tot waar hul ‘n eie lêplek in die boomkoelte vind Vorm skilderkwas van natuur ineengevlegde herfstapyt verkleur harte na […]
Vanuit die wolke
Hier bo is alles anders Ek wens ek kon dit bêre vir jou Ek wens ek kon fotos neem in my gedagtes en vir altyd dit so onthou Hier bo is alles georganiseer en alles lyk so klein Groen lappe tussen die bruin en haarlyn padjies wat alles skei Hier bo lyk dit so aanloklik […]
Steurnis in die nag
Ek staar na die dak en luister, luister na die niks wat op my gil. Die vertrek is donker,die hele huis, stil. Al wat ek hoor is die stilte se fluister. Die dikdonker word dikker, die stilte wurg my. Nog ’n nagrus daarmee heen as die slapeloosheid oor my reën.
Projek 2 – Herfs
Herfs leen homself tot amber, bruin, geel en menigte skakerings van ander kleure. Dit is ook die inleiding tot die rus van Winter waar die aarde weer asemskep. Herfs kan ook herinner aan periodes in ons verhoudings met mekaar, ons geliefde en die aarde. Hierdie projek stel aan jou die uitdaging om hieroor te skryf. […]
Al . . . daai . . . JAZZ!
Jazz het my nog nooit rêrig aangestaan nie. In ons gemeente is ’n Jazz-sangeres, wat ook ’n pensionaris is. Daarom gryp sy elke geleentheid aan om iewers op te tree, want ons almal weet mos dat ’n pensioentjie gewoonlik te kort is vir die lengte van die maand. Verlede Maandag dien dié vrou my twee […]
Jou geskenk …
ek het baie lank gedink oor die geskenk wat ek vir jou wil kry soos ‘n toffie het ek daaraan gekou want dit moet langdurig jou hart verbly ek het oor rooi papier en hartjies oraloor gedink en kersligetes en ‘n poeding en sjampanje wat in glase blink maar toe neem ek ‘n besluit glad […]