Jongste aktiwiteit:

Nes seepborrels

Hy tas in ‘n donkerte rond,
soek antwoorde, swyende,
in sy onmag het hy versoen
met wat hulle hom aandoen.

Hy spook onverpoosd voort,
verlate, in ‘n verlede vergete
en van liefde is hy ontneem,
van drome en lied vervreem

In stilte blom hy in sy onmag
en verwronge gesigte wat lag
is sy besoekers in die nanag,
waar sal hy krag vind vandag?

Nes seepborrels is sy lewenslus,
met ‘n wil wat hulle nie kan blus
en ‘n Herder wat hom lei en kus
het hy met vrede by Sy wil berus.

05/04/2016 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak