Ma
haar hande dese dae twee bewertjies –
klein woelig en niestandhoudend
haar lyf ‘n koepel
kromgetrek deur onbeantwoorde vrae
geklee in son en see en laatsomer dae
lippe sonder bewussyn aan’t bid
geoefende prewel sonder rym
genade vir haar kroos, haar nageslag
vir nagte sonder skete en pyn
met geleende oë kyk sy smorens die horison plat
om ‘n dag vol vars genade by haar Skepper te vra
met dank en jubeling
wat sy bakhand na Sy troonkamer dra
liefde geïnkorporeer
fyn splintering van ‘n edelsteen
‘n moeder, my ma.
© Almarie Truter
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Zymrly
Lieflike ode. Goed geskryf.