Resensie: Die film, Soos die vader so die seun.
Wat soms gebeur, nie dikwels nie, is dat in die bes-gereëlde geselskappe, ook in die bes-gereëlde inrigtings in ‘n geselskap, ‘n fout ontstaan. Ewe in ‘n hoogs-industrialiseerde, higiëniese volk met ‘n hoë vlak van opvoeding soos in Japan kan dit gebeur dat twee kinders in ‘n geboortekliniek per abuis uitgeruil word. Dit gebeur in die beste families, sê ons landsmanne. As die geval nie aan die lig kom nie, het ons niks om te vertel nie. Maar as uit watter rede ook al dit nodig geag word om bewys te lewer dat ‘n kind inderdaad van sy ouers afstam, en met DNA en sulke kompliseerde moderne goeters gehanteer word,… Dan… Ja, wat dan?
[Like Father, like Son,ڤٱٱٱٱٱٱ*/Soshite Chichi ni Naru (japaans); 2013, Jp; draaiboek: regie, snit: Hirokazu Koreeda; met Masaharu Fukuyama, Machiko Ono, Yōko Maki en Lily Franky as die ouers, en die kinders, Isao Natsuyagi en Shōgen Hwang; 129 minute, vanaf 0 jare]
(* Jammer, maar die westerse tikmasjiene gee nie die oosterse skrif weer nie!)
Eers ‘n klein Engelslessie: „Like” beteken „hou van” soos byvoorbeeld, „Ek laaikie sy gesiggie!” Dan beteken dit „soortgelyk”; byandervoorbeeld, „Jy’s netso stout soos jou pa!” Die tweeduidige engelstalige titel kan soos hierbo gelees word: Die kind(ers) is soos hul ouers (die appel val nie ver van die boom nie). Andersins, „Like me, like my dog” beteken dat jy net soveel vir my aanhangsel(s) moet hou soos van my = as jy nie van my motor, tabaksgeur, verlepte skoen, hemp-en-das-uit-suiwer-sy, of watokal hou nie, kan ons hier en nou ons vriendskap afbreek. So te sê, so is ek en so bly ek, take it or leave it. Of nog anders gestel, vir my is hy so lief dat jy nie anders kan as om hom ook lief te hê nie. Hou jy van my, dan hou jy ook van my hond. Of my seun mos, in hierdie geval.
Omdat hy so ‘n hardwerkende, opwaartsstrewende sakeman is, neig Ryota om sy vrou Midori en seun Keita te verwaarloos. Hulle is welgesteld en geniet alle voordele. Een dag sê Midori dat die geboortekliniek dringend met hulle wil praat. Daar ervaar hulle dat Keita by sy geboort ses jare gelede met ‘n ander pasgeborene uitgeruil is. Die DNA-toets bewys dit.
Yukari en Yudai Saiki is eenvoudige mense. Hulle het ‘n winkeltjie op ‘n dorpie buite die stad en Ryusei is nie hul enigste kind nie. Teenoor die Nonomiyas se sielskoue is hier op die platteland lewe en beweging. Ook Yudai het nie gemerk dat dit nie haar kind is nie, maar sy word nie soos Midori daarvan beskuldig dat sy weens haar moederinstink moes gemerk het, dat sy iets vreesliks gedoen – of erger, nagelaat – het nie. Nadat versoeke aangestel is om die oorgawe van die seuns in hul „herkomsgesin” te vergemaklik, word hulle terug-geruil. En nou kom die werk waarby hulle met die nuwe omstandighede vertroud gemaak moet word. By die mense op die dorp loop dit meer of minder probleemloos. By die stedelinge is dit eerder die ouers wat swaarkry: Alles moet omgedop word. Eindelik is dit vir die klein Ryusei te veel en hy loop weg. Dat ‘n sesjarige seuntjie dit regkry om met ‘n voorstadtrein huistoe te kom,… Nou, soiets!
Dit word besluit om ‘n nuwe begin met die oorspronklik uitgeruilde seuns te maak, maar Keita wil nie meer nie en loop weg. Dit kos Ryota heelwat om die kind te oortuig. Die twee gesinne sluit ‘n verbond met mekaar.
‘n Boeiende verhaal, goed gespeel, goed vertel. (Wie het die kinders uitgeruil? Hoe kom dit daartoe?) Ver bo die gemiddelde (twee- of driester-) „Gesinsdrama” wat alte dikwels opgedis word.
Vier sterre.
[In 2013 in Cannes het die film die jurie se prys gewen. President van die jurie was toe Steven Spielberg wat dadelik interesse vir die film getoon het. Sodat ‘n amerikaanse remake tot stand gaan kom. Of Spielberg self die regie gaan oorneem is onseker. Hy gaan waarskynlik tog met die produksie daarvan ‘n verbinding bybehou.
So het die Amerikaners dit altyd gedoen: ‘n Wenner geneem en dit toneel vir toneel, skoot vir skoot vir kougomkouende, jeans-en-cowboyhoed-draende deur-die-neus-praters nagemaak. Asof hulle dit sélf gemaak het. Byvoorbeeld: Die gloorryke Sewe (Die sewe Samurai, Jp.), Sound of Music (Die Trapp-Familie, Dt./Oostr.), The Birdcage (Uit Frankryk), die nuwe naam van Bella Martha (Dt.) ken ek nie. En waarskynlik dosyne meer.]
©.2016………………………………………………..◄]:o(…|****|…(o;Þ……………………………………………………….tje
3 Kommentare
-

Evelyn van der Merwe
Dankie Toom dit klink inderdaad interessant en om die vrae te antwoord sal ons moet gaan loer of dan nou deesdae "aflaai"
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Altyd goed om jou ressensensies te lees Toom