Roep van die Aandvoel
Brons afdeling Dit is EK. Dit is EK wat kantel teen tafels van wellus gedek. Die skemeruur baar in donker gloed skimme van selfverwyt. En die Aandvoel treur oor die kortstondigheid van volkome geluk – Hoogmoed loop voor en trane sluk. Vir n oomblik roep Aandvoel – amper bly in die engheid […]
Eerste Liefde
Waar is die plek waar ons saam gewandel het – U en ek? Was dit langs die stil waterstroom tussen immergroen loof? Of in die skeur van die rots? In die reenboog se boog? Geen gat in osoon kon my vuur vir U keer! Om met U te kon wandel… Om van U […]
Fontein van die Lewe
Fontein van Lewe Elke put is Mara.. En jy dors… Met bloedbelope hande kliptafel op kliptafel Se die wet Soekend na die Water wat Die Groot dors kan les Helaas…niks! Slaan die Rots! …Mara… Vervloek is jy – brak van die Aarde! Mens! Die soetheid Leef in die […]
Skandeloos wys
Skandeloos Wys Oud word rol sag in Wysheid se kies. Neffens die boom en die bas en kole en as vleg Skandeloos sy lewensdraad. Wysheid se spoor loop oor smal en oor breed en het ‘n pad dwarsdeur die berg gekap waar drome aanmekaar gelap hom skandeloos die wysheid meet. Skandeloos ken […]
Vooruitskouing
Vooruitskouing Brons deur Hennie du Toit Die oue is verby, die nuwe het gekom, maar is ek daarvoor gereed? Want nuut bring ook onsekerheid omdat ek die pad nie weet. Die ou jaar was vol pyn en seer met my waaroms teen die muur geskryf, soveel dinge wat ek nie kon beheer. Saam met die […]
Lig van my Lewe
dis hier diep binne my. waar geen een van weet skyn iemand wat my ken beter as enige een daar buite. soggens vroeg leef danbaarheid in my hart, aan nog ń dag gegun. deur dagtake stil bewus van ń nabyheid so teer en vol liefde saans met blydskap gevul begin my liggaam oorgee aan rus, […]
Psalm 22 ( Die wildsbok van die dagbreek)
Brons afdeling Psalm 22 (Die Wildsbok van die dagbreek) Wildsbok jy staar alleen en kwyl groot-ogig deur die doringdraad na die spieëlbeeld van Sy Daeraad. Jou dors beur diep krete vanuit jou honger siel en los wreed sy merk voor die tafels van seën vir jou gedek. Wildsbok breek los uit die […]
Skuif ons Vader hemelsluise oop
In die gieter, kletterend, pletterend trane oor sinkdakke glinster druppels wat pietsend op droë grond neerplof in die bokspring van lewende wensens met dankbare harte word water gulsig opgeslurp deur dorstige opkrul krake breek plons druppels glinsterende spieël van damme wyl blare ritsel en ruisel onder gutsende druppels van plasreën wyl genadewater splitter, spletter en […]