Reënboog (Goud)
teen die blou lug hang daar wolke in ‘n wagting op die wind en soos met die omval en die opstaan van ‘n kleine kinderkind sal ‘n hupstoot of ‘n rugsteun die waarde kan verleen waarmee iemand hierdie Kersfees weer sy reënboog sal kan vind Andries Fourie (Seirdna) 23.12.2024
Kersfees in Europa
in middel van winters dag skyn ‘n Lig, heilige dag van Kersfees het aangebreek, om Sy liefde wat in ons is te vier, Sy hoop na verwese wêreld te bring kindjie Jesus, gebore in ‘n nederige stal, bring vrede en oneindige vreugde mee, Sy boodskap van liefde motiveer ons, om in oneindige […]
Die ware fees (Brons)
Die ware fees Kersfees hunker na saamwees knus toegevou in ‘n karos van ‘n heilige gees van boom tot kruis kniellend bedees want by die krip van ‘n Hemelse Koning vier ons fees. C Diederiks ©
toekomslied
boereseun van die berge van stoere boere bloed aan my vaderland getrou bly ek tot ek moet sterwe geen prinse van nêrens af of konings van verre buig ek my knieë voor gasvry en beleefd is ek wel godsvresend lewe ons saam ons geloof altyd sterk daarom bly ons altyd so getrou […]
in absentia (silwer)
in absentia by ’n lang tafel waar agt kan sit is slegs twee borde gedek want die kinders het laat weet hul vier Kersfees op ’n ander plek © Hester Steenkamp
Somerseisoen (Silwer)
Somerseisoen Kersfees word gevier met ’n braaivleisvuur en oor strande speel branders ’n klokkespel Met koue waatlemoen in ’n somerseisoen kom families saam om seëninge te tel © Hester Steenkamp
Kersdag in die Droogte
Kersdag in die Droogte Dis Kersdag. My boerman is vroeg uit om die diere voer te gee, en ek sit op die agterstoep met ’n koppie koffie. Terwyl ek oor die droë veld uitkyk, sien ek die brosdoring helderpienk teen die vaal van die veld. Die kontras laat snak my na my asem. Soos ek […]
hoekom jy ʼn geskenkbewys kry (brons)
ʼn hoëveld-donderstorm wat skielik elektries losbars en stroompies deur mekaar laat vleg pas moeilik in ʼn kersfees-geskenkboks
eet soos ‘n voëltjie
hier begin ek op my oudag aan die vetvoëltjie sindroom ly eet soos ‘n voëltjie maar bly vet met nuutverworwe smaakgebrek gaan kos ook nie smaaklik na my maag elke kousel soos gedeelte van stuk blousel gelukkig groei ek nie soos ‘n koolkop die aptyt is netnie meer teenwoordig nie so, […]