Plaasoudisie
Na die oggendroep van Tarentaal klink Hadida skoon musikaal
boerseun
vredig sit hy op die stoep die spelerige windjie draai sy kromsteelpyp se rokie ‘n krullende varkstertjie sy gedagtes gaan draai ver anderkant die blouste berg waar onthou lank gelede vir ervaring ontmoet het geen outomaat pla hom nie van google weet hy mos niks maar die lewe ken hy terdeë deur oplettendheid alleen om […]
lit
die lit is lid van my liggaam wat dit beaam ©Teárlach
Daantjie Dinamiet.
Ons almal verloor soms ons humeur. Vir party vat dit net bietjie langer om te ontplof. Dit laat dink my aan ‘n spesifieke oom; Daantjie Dinamiet. Sy van was Nel, maar almal het hom geken as Daantjie Dinamiet. Hy was ‘n man met ‘n groot hart, maar met ‘n kort lont! Ek onthou nog die […]
‘n Kortsluiting.
Ek wonder baie oor ‘n kort humeur. Dit laat my dink: het jy al opgemerk dat ‘n kort humeur soos wifi werk? Hoe nader jy aan die bron kom, hoe sterker is die sein. As daardie bron gekoppel word aan ‘n honger maag, raak dit ‘n noodsein! Ek het agtergekom dat ‘n heerlike sny brood […]
blitsliefde (SILWER)
met min liefdes-woorde skryf ek vir jou snel-akoorde soos ‘n bliksemstraal in liefde se taal … ©MarleneErasmus 12/10/2023
flitsdrome (SILWER)
in stille nag fluister die wind sag drome in vlug, liefde is in die lug ©MarleneErasmus 11/10/2023
Dinge wat blink
Spore in die sand op die water se kant. Die branders rol heen en weer, En gooi goeters neer. Skatte wat blink en helder kleure wat wink laat my weer dink. Dit maak tog nie sin… Wat kan ons doen om glas en plastiek te herwin?
Geskiedenis gemaak in net vier sekondes.
Geskiedenis gemaak in net vier sekondes. In die sportwêreld van boks is uithouvermoë, strategie en geduld dikwels belangrike sleutels tot sukses. ‘n Boksgeveg wat amper minder tyd geneem het as om jou veters vas te maak, klink heel ongeloofwaardig! Die wêreld van boks het al vele kort boksgevegte beleef, maar een staan uit bo die […]