God is Lente
Dis amper kersfees, kan jy dit glo. Winkel vensters en rakke is vol versierings, en ieder en elk begin al oorloop van ‘koop’. Die reeds kleurvolle natuur, is ‘n teken dat die fees viering om die draai is. Net soos al die bome versier is met nuwe groen blare, blomme pronk met die mooiste […]
Oktobermaand – is dit al tyd vir Kersfees? (SILVER)
Oktobermaand – is dit al tyd vir Kersfees? Ek is versot op Kersfees en al die lekker dinge wat daarmee gepaardgaan. Ek kan gewoonlik nie wag dat die spesiale seisoen van die jaar aanbreek nie. Aan die anderkant vang die idee van Kersfees my hierdie jaar my amper bietjie onverwags. Hier in die tweede week […]
Kling, Glöckchen, klingelingeling
(Woordtelling 609 – Silwer) Ugh, Kersfees… Maar nee wag, daar is niks fout met Kersfees nie, maar die oormaat blink balle, stringe en stringe tinsel wat grillerig beweeg wanneer jy daarby verbystap, plastiek bome – van piepklein na dakhoogte-groot, sommige sommer klaar versier met strikke en liggies, irriterende klingelende musiek, is als genoeg om my […]
Gun ons die hier en nou (Silwer)
Die jaar is vinnig besig om onder ons uit te gly. Terwyl ons nog die mooi en vrolikheid van Oktober, met al sy blommeprag, geniet, blink oral in winkelsentrums reeds tinsel en Kersfeesklokkies. Word geskenke oordadig uitgestal om jou daaraan te herinner dat jy finansieel sal moet sak skud, want die seisoen van gee en […]
Te
Alles wat met “te” begin is sonde, behalwe “te voet” en “te perd” – of so het ek gehoor. Te veel van enigiets, selfs die goeie goed, is selde gesond en die beste is maar om matigheid voor oë te hou. Dit geld toe ook sommer vir positiwiteit. ’n Mens kan rêrig te positief wees, […]
Lente-ontwaking (Silwer)
“Dis heerlike lente, die winter’s verby” bruis die woorde van die ou kinderliedjie ritmies deur my stram wese. Daar’s behoorlik ‘n huppel in my stap (al is dit net in my gedagtes) want gedurende die afgelope wintertyd (letterlik en figuurlik) het ek ‘n hegter verhouding met swaartekrag gevorm. Omdat my voete so stewig geanker is […]
droom… (Silwer) 326 woorde
‘n Mens is nooit te oud om te leer nie. Op geen ander plek op aarde verstaan jy dit beter as in die ronding van ‘n plomp kinderarmpie om jou nek nie. Wat sy vir my wou sê, was baie belangrik en die oogkontak was nie na wense nie. Wanneer die ogies met groot erns […]
Winter van 2021.
Winter van 2021. Om en by in die middel van Maart verander iets in die natuur. Moeder Natuur is besig om haarself gereed te kry vir ʼn grootse skouspel – op haar verfbordjie is die mooiste kleure denkbaar: wynrooi, terracotta, mandaryn, vermiljoen en goud. Soos ʼn regte joolkoningin tooi sy haar in ʼn blare-rok en […]
Afskeid
Diep ingedagte trap ek knarsend oor die bros blaretapyt wat wissel van geel, bruin tot oranje. My oë rustend op talle boomreuse wat kaalgestroop hul takke liggies wieg in die wind. My hart se verlang vind aanklank by die kaalheid, die doodsgevoel van verlies. Net ‘n paar maande gelede was alles nog oortrek in lowergroen, […]
Draai van ‘n seisoen (Silwer)
“As ek moeg word vir die lewe se gewoel …” Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Geen boom kan vir ewig bly voortbot en -groei nie. Daarom is daar seisoene, ‘n tyd […]