Vanselfsprekend (Goud)
Dis skandalig hoe ons deur dié dwase gejaag na niks so maklik kan vergeet wat eintlik belangrik is en ons seëninge so lag-lag as vanselfsprekend ag. Soos die liefde wat ons geliefdes teenoor ons betoon, die eenvoudige gebare waarmee hulle ons immerdeur beloon, die klein dingetjies en edelaardige dade waarvan ons die waarde so graag […]
verstrengelde harte (SILWER)
verstrengelde harte moederlike instink ontvou op dooie doek met mamma in nargewaad; beskermde wese gesig geverf, koesterend beskut en bewaar sy ʼn jong gees wat spreek van leergierigheid in kindjie klein met gees van jeugdigheid brand nuuskierigheid se vlam – lig en helder met ʼn honger na kennis en ʼn hart wat glo […]
‘n Diamantgedig (SILWER)
gade fraai fenomenaal ondersteun beskerm ontgin gedroom geskitter gedeel gesteun beskerm bewonder bemin vergenoeg verdraagsaam eggenote
Die groot woord: verhuising!
Die groot woord: verhuising! As daar een woord is wat my maag behoorlik op ‘n knop laat trek, is dit: verhuising! Jy woon so heerlik in die woning wat jy huur en verbeel jou daagliks dat dit jou eie eiendom is. Dan kom die gevreesde oproep van die agent. “Mevrou, ons het ‘n paartjie wat […]
Ouma se geheim.
Ouma se geheim. Lien sit op haar ouma se ou houtkatel. Die verekombers lê glad oor die groot hemelbed. Lien Meiring, vier-en-twintig jaar oud lyk ouer as haar ouderdom wanneer sy na die vertrek kyk. Sy word omring deur die ryk geur van houtpolitoer en die subtiele aroma van haar ouma se parfuum. Nostalgie oorval […]
Die raaisel.
Die raaisel. Die koel herfsoggend lê soos ʼn sagte sluier oor die Bolandse dorpie. Tipiese tekens van die naderende winter. Die luggie is skerp koel, ʼn mengsel van varsheid en koue. Die son begin stadig oë wys. Lig skyn deur die dun laag fyn miswolke. Sondruppels glinster soos juwele op die herfsblare. Nadia Verster sug […]
Waar die heiligheid naak (Silwer)
sal my pen ooit die binnekamers van ʼn digtershart vind… die goue weg loop waar woorde hang aan elk’ nostalgie om te glo soos ʼn kind waar die lewe om my vaag – my siel die hemelstiltes raak waar die oomblik in heiligheid naak waar myself nie langer saak dis net die oomblik […]
Jou flenters gestof vir die mooi (Silwer)
het jy gesien my kind… ek het jou flenters gehang aan reënboog se punt daar waar die goudpot sy lêplek kom kry het ek jou potjie blom gesit in die son ek het jou lag geplant vir nog jou lief gekompas, gewater sodat jou hart ver kan sien en spog sodat daar nog […]
in ‘n koffiewinkel (Goud)
met my opkyk sien ek hom met yl, regop donshare en onskuldige oë soos ‘n weerloos-geslaapte kindjie sit en kyk hy hoe die jongvrou melk en suiker afmeet in sy koffie hy ontvang dit met beide hande wat dadelik palm om die koppie en drink kort troetelslukkies dan lag hy…onbevange en oopmond […]
vrede (Goud)
die tydloosheid van ‘n nie-té-verafgeleë ongerepte stukkie strand hang staties en wagtend om die sielsmoë-ek vredig te kombers terwyl ek na die water staar gedagteloos en stil