Verlore onskuld (silwer)
kommervry kom hulle nader nie agterdogtig nie bewus van kwaad ‘n toonbeeld van onskuld nie bang om foute te maak hulle wil net liefhê sonder vrees net die lewe leef wat voor hulle lê met aansteeklike oorgawe was dit dalk waarom Hy gesê het -laat hulle na My toe kom en verhinder hulle nie- Hy […]
SPOORLOOS
Ons kinders is ons toekoms, ons leiers en vooruitgang. Tog word daar Jag gemaak op ons kinders. Mensehandel sindikate is vandag ‘n alledaagse verskynsel en ek voel daar word nie genoeg gedoen om dit te keer nie. Agter elke kind wat mishandle word, wegraak of gemolesteer en verkrag word sit ‘n grootmens met veragtelike denke. […]
KLEIN SPOORTJIES
My kleinkinders geniet die fotos teen die muur in my gang. Hulle geniet hulle eie gesiggies en kan so onskuldig vra, “was ek ook ‘n baba ?” My kleindogter raak hewig ontsteld as my dogter vir haar sê dis my mamma, dan sê sy nee dis my ouma. Oupa het ‘n hartoperasie gehad en hulle […]
Dertig sikkels silwer (Silwer)
Toe jy, reënboogkind in jou blou hoepelrok met rosige wangetjies hare gestrik saam met ma na haar sprokiesland reis klein ghettoprinses sou jy óóit kon bepaal dat die blink uit jou oë vir die trip moes betaal? Elize Kruger 4 April 2024
LIEFDE IN ONSKULD
Hoe wonderlik en onopgesmuk is die liefde en onskuld van ‘n kind. Kinder sêgoed kan ‘n mens laat skater . Dis goedkoper as ‘n dokters konsultasie en ‘n super tonikum. Kinders is super sensitief vir emosies, al gewonder hoekom jou baba huil as jy gemoed vol is ? Kinders se uitkyk op die lewe en […]
HOEKOM MAMMA
Twee dogtertjie se oë ontmoet vraagtekens en trane wat stil ‘n kinderhart ontmoet sy breek haar toebroodjie in twee wonder hoekom die dogtertjie nie eet sy hardloop oor die speel terrein eenkant sit ‘n seuntjie klein kniegies hoog opgetrek verwaarloos verslete op sy wang ‘n traan sy sussie oorhandig die broodjie verhonger eet hy dit […]
NOG EEN KEER
Nog een keer pappa die swaai met reënboë kleure wind wat my hoër lig kinder glimlag wat die son soen vreugdes uur wat boete doen Nog een keer pappa die tatoë se lewenskontoer sel agt-en-twintig leer hy inkleur op pappa se arm tussen die kruis se lyne het hy Jesus gewaar Nog een keer pappa […]
April 2024 – Uit die oog van ‘n kind projek
Beste INKers Hierdie maand is die projek heel eenvoudig. Die tema is: “Uit die oog van ‘n kind” In welke genre jy ookal deelneem, moet jy slegs gehoor gee aan die tema. Jy mag dit interpreteer soos jy wil maar jy mag nie die tema as ‘n titel vir jou werk gebruik nie. Innoverende mense […]
Winterfront (Goud)
jy kom roep my nie meer om saam jou te aanskou as die weerlig dramaties tussen die randjies bokspring nie ek gaan soek jou nie meer om langs my te kom staan wanneer die sekelmaan versluierd agter die wolke uitklim nie ons hou nie meer hande vas as ons saans gaan slaap nie en voel […]
Vanselfsprekend (Goud)
Dis skandalig hoe ons deur dié dwase gejaag na niks so maklik kan vergeet wat eintlik belangrik is en ons seëninge so lag-lag as vanselfsprekend ag. Soos die liefde wat ons geliefdes teenoor ons betoon, die eenvoudige gebare waarmee hulle ons immerdeur beloon, die klein dingetjies en edelaardige dade waarvan ons die waarde so graag […]