Jongste aktiwiteit:

KLEIN SPOORTJIES

My kleinkinders geniet die fotos teen die muur in my gang. Hulle geniet hulle eie gesiggies en kan so onskuldig vra, “was ek ook ‘n baba ?”
My kleindogter raak hewig ontsteld as my dogter vir haar sê dis my mamma, dan sê sy nee dis my ouma.
Oupa het ‘n hartoperasie gehad en hulle het alles vir oupa aangedra en gesê, “nou sal oupa beter word”
Kinders is altyd behulpsaam maak nie saak hoe swaar’ ‘n ding is nie, hulle wil altyd help.
Die sêgoed is te kostelik en ‘n tonikum , goedkoper as ‘n dokter of medisyne.
Kinderharte is so opreg en vol liefde hulle sien geen kwaad in die volgende persoon nie.
Dit maak dit vir ouers moeilik in die bedryf van ontvoerings vandag. As jou kind nie bang is vir vreemdelinge nie sal hul geselsies met enige een aanknoop. Alhoewel die mensehandel sindikate vandag dwelms gebruik om kinders te beheer en nie amok te maak nie is dit ‘n euwel van vandag en word kinders onsettend blootgestel op sosiale platforms.
Kinders sê wêreld bestaan nie net uit lekkers en speel nie. Kinders is baie sensitief en kan ook dinge aanvoel.
Uit die hart van ‘n kind wil hulle alles beskerm , drukkies uitdeel, vashou en huistoe vat. Hulle wil altyd help al voel ons baie keer hulle is in die pad.
Weier ‘n kind nou ‘n troeteldier dan beleef jy daardie tranedal en debat hoekom hulle een moet het en dan beleef jy die vreugde as hul een gekry het. Dis absoluut iets om te ervaar hoe dier en kind van die eerste oomblik die onbreekbare gevoelens met mekaar deel en daarna volg beskerming en die grootste vriendskapsband of eerder liefdesreis.
Ons was ook daar al was dit lank terug, kan jy nog gedeeltes daarvan onthou. Om kind te kon wees , die vryheid te kon ervaar sorgeloos.
Onthou jou kinderdae en geniet jou kinders en kleinkinders. Dis deel van ons treinreis tot dit ons tyd is om by ‘n peron af te klim.
@loret zwarts




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak