Dertig sikkels silwer (Silwer)
Toe jy, reënboogkind
in jou blou hoepelrok
met rosige wangetjies
hare gestrik
saam met ma
na haar sprokiesland reis
klein ghettoprinses
sou jy óóit kon bepaal
dat die blink uit jou oë
vir die trip moes betaal?
Elize Kruger
4 April 2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April 2024 - Uit die oog van 'n kind projek