LIEFDE IN ONSKULD
Hoe wonderlik en onopgesmuk is die liefde en onskuld van ‘n kind. Kinder sêgoed kan ‘n mens laat skater . Dis goedkoper as ‘n dokters konsultasie en ‘n super tonikum.
Kinders is super sensitief vir emosies, al gewonder hoekom jou baba huil as jy gemoed vol is ?
Kinders se uitkyk op die lewe en die manier hoe hulle dinge ervaar en sien bring ons grootmense baie keer tot stilstand.
Die bybel sê ‘n mens moet weer word soos ‘n kind. Ons sal dink dit beteken hulpeloos en afhanklikheid, maar ek sien dit as die naakte opregtheid, die onskuld en liefde sonder pretensies.
Uit die mond van die suigeling hoor jy die waarheid, lui die spreekwoord. Kinders is nie baie taktvol nie, hulle kan somtyds die verkeerde ding of regte ding op die verkeerde tyd sê en groot verleentheid veroorsaak.
Tog is dit opreg net soos dit is en verstaan hulle nie van stilbly en praat op die regte tyd nie.
Kinders sê harte is ‘n vars reënboog van pret en baljaar.
Tog moet ons ook stil word en na die kinders luister, jy bly hulle vertroueling.
Kinders hoef nie ‘n klomp tale magtig te wees nie hulle harte praat dieselfde taal en ons noem dit liefde.
@loret Zwarts
(210 woorde)
(Erkenning aan fotograaf anoniem)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir April 2024 - Uit die oog van 'n kind projek