Jongste aktiwiteit:

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Marthie Joubert het ‘n nuwe publikasie gemaak

SPOORLOOS

Ons kinders is ons toekoms, ons leiers en vooruitgang. Tog word daar Jag gemaak op ons kinders. Mensehandel sindikate is vandag ‘n alledaagse verskynsel en ek voel daar word nie genoeg gedoen om dit te keer nie. Agter elke kind wat mishandle word, wegraak of gemolesteer en verkrag word sit ‘n grootmens met veragtelike denke.
Wat my die meeste grief is sou hulle gevang word het hulle regte, maar wie het op gestaan vir daai kind se regte ?
Kinders word baie keer in uiters moeilike omstandighede groot en tog het ek dit self beleef waar kinders weg gegooi en mishandel was en in die kinderhof die ma gekies het bo ‘n veilige liefdevolle huis.
Dan wonder ‘n mens hoekom en dan kom ek tot die gevolgtrekking.
‘n Kind wat mishandel word haat nie sy ma nie, Hy haat homself want hy voel dit is hy wat goed verkeerd aan haar doen hoekom sy sulke gevoelens teenoor hom koester. So kind sal eerder sy ma kies al kry hy negetiewe aandag, bly dit sy ma en blameer hy homself.
Kinders bly die liefde van ‘n ma koester, selfs al is hulle grootmense. Die leemte bly die verlange en seerkry bly skaaf. Kinders voel baie keer dis hulle straf hoekom hulle mishandel word en om ‘n ander familie te kies gaan hy sy ma verloën.
Dis dan ook waar en ‘n voorbeeld van mens kyk eers na jou eie foute voordat jy dit by iemand anders soek, wat meeste kere by kinders andersom is omdat dit nie hulle skuld is nie.
Ouers van mishandelde kinders en pedofiele wil nie in die spieël kyk nie, hulle is bang hulle kyk dieper as die uiterlike en sien die monster binne raak.
Hoe gerieflik werk dit nie uit vir ‘n manipuleerder
nie ?
Kan ons regtig kinders blameer wat deur die samelewing ingesluk word en met dwelms deurmekaar raak en prostitusie as al uitweg sien om te oorleef ?
Kinders sê skouertjies is nie gemaak om grootmense laste te dra nie, tog gebeur dit in ons stukkende wêreld en wil die klein mensies die grotes beskerm.
Kom ons wees die beskermengele van ons kinders nie net vandag nie, maar in ons opvoering, vertroue en liefde waarmee ons hulle elke dag hanteer.
Foto:erkenning aan fotograaf anoniem
@loret Zwarts
(310 woorde)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak