kinderdrome (Goud)
wanneer ek kyk na die drome en onbevange vertroue daarin, van ‘n kind huil ek soms lang, druppende binnetrane jammer-vir-myself trane omdat ek te oud voel om te droom kwaad-vir-myself trane omdat ek nie my kleindogtertjiedrome probeer vang het voor dit in my grootmenssiel verlore geraak het nie dankbaar-teenoor-God trane vir die […]
‘n Grepie uit die memoirs van ‘n uitgetrede kleuterskool juffrou (Goud) 384 woorde
Ek het vir agtien jaar by ‘n kleuterskool gewerk waar ek deurgaans die twee tot vierjariges onderrig het. In elke ouderdomsgroep tref mens spesifieke gedrag en mylpale aan. Kenmerkende aspekte wat ooreenstem met hoe klein kindertjies die lewe beleef, die lewe benader, die lewe aanpak. Wanneer jy egter daagliks met kleuters werk, kom jy gou […]
Oomblikke van kindwees (Goud) 409 woorde
Jy kyk na die wêreld met optimistiese oë, luister daarna met gretige ore, drink dit in met al jou sintuie. Ek wens ek kon die sorgvryheid van kindwees vir jou iewers bêre waar dit kan groei tot iets wat sal sorg dat jy nie die belangrike dinge in jou lewe verlore sal laat gaan nie. […]
Goue Herinneringe van Upington.
Die son luier op die horison van Upington en met sy goue strale vang dit klein stofdeeltjies vas. Die dorpie is geklee in ʼn goue sluier. Lien Meiring staan langs haar rooi Mini en kyk uit oor die vaal, verlate stofstrate. Haar hart voel vol weemoed as sy om haar rond kyk na bekende tonele […]
ONBEVANGE (goud)
Die lig skyn hier so helder in ‘n wêreld van avontuur vol onbegrensde ruimtes bedek met vleklose openhartigheid elke blom is ‘n wonder elke verhaal ‘n reine waarheid hul skilder drome met daardie kinder oë speel in die sand in die gras klim in bome kruip in jou hart hul vreugde is […]
Eenvoud bring vreugde
Brons Eenvoud bring vreugde glimlaggend trek hulle kringe in die sand vriendskap vorm ń hegte band al sit hulle met lyfies geboë dans glimlaggies in ondeunde oë eenvoud bring vreugde in kinderharte murmureer nie oor gister se smarte donkerte belig met brandende kerse koue lyfies wikkel dieper onder wolkomberse ellende genadiglik bedek deur die […]
Kinders van tegnologie
(Woordtelling : 1379) Generasie Alpha. Die geslag gebore tussen 2010 en 2024, kinders van die tegnologiese eeu. Die benaming is die voorstelling van ʼn nuwe begin en om nie terug te keer na die ou gebruike of lewenswyses nie. Hierdie is die eerste generasie waarvan almal in die 21e eeu gebore is, met geen […]
‘n Ondersoek na wysheid in onskuld.
‘n Ondersoek na wysheid in onskuld. In ons gejaagde wêreld waar volwassenheid gereken word as ‘n maatstaf vir wysheid en insig, is dit so maklik om die sagte fluisteringe van ‘n kind se siel te mis. Maar wat as ek sê dat die ware kern van wysheid soms in die eenvoudige, onskuldige beskouing van ‘n […]
Briefie aan Pappa (Silwer)
Liewe Pappa ek sien in Pappa se oë ’n waas van vog soos dou maar ek sien ook die reënboë wat Pappa se oë hou wanneer stormwaters oor my toekoms hartseer in Pappa se oë woed lees ek ’n strofe van sonsopkoms in Pappa se gemoed in die hemelblou van Pappa se oë koepel liewe Jesus […]
Blinkoogwoorde (Silwer)
Kom oupa; o-u-p-a kóm! kóm speel my saam het sy gesiggie blinkoog geblom kóm oupa; o-u-p-a kóm! kóm speel my saam wyl hy my vinger trek neul hy voort kóm oupa; o-u-p-a; kóm! kom spéél my saam in sy blinkoogwoorde kon ek lees sy droom ——-ooo000ooo——- (© Pieter Mostert)