Piet Andersom
Soos dit seker maar in enige linkshandige seuntjie se lewe gaan, moes ek ook deurloop onder die venynige tong van ’n onderwyseres gedurende my kinderjare. Ek was vier jaar oud en in die voorskoolse klas toe my juffrou my potlood uit my linkerhand geruk het. “Nee, seuntjie, jy hou nie ’n potlood met jou linkerhand […]
Spieëlhand van sand [’n gedig van ’n jong Boesmanseun]
my linkerhand dra sand soos ’n kind wat wind verstaan ek skryf nie reg nie, sê hulle maar my lyne volg wildspore wat saggies loop in die sand ek het nooit regs gejag nie soos die manne met speer en reël nie ek het linksom geswaai in die dromedans as die sterre agteruit beweeg en […]
Onder grammatikale frons
marsjeer die letters van my brein soos skuinsgedrukte houtsoldaatjies oor die parade van regshandigheid tussen aanhalings en uitroeptekens gaan lê my letters in linie agteroor tussen kommas en punte agter vraagtekens op die palmbevlekte papier van my notaboek ———ooOoo——— ©Pieter Mostert
Vir al wat ons weet…
Die slot is nie ʼn afsluiting nie en elke gedagte word ʼn verdagte… Die mense noem ons dorpie ‘a one horse town’, die plaasgemeenskap hier aan die voet van die Magaliesberge waar almal die ‘ins and outs’ van almal ken. Of nie? Anna Davel som ons omstandighede baie goed op in haar liedjie ‘As jou […]
Die brandmerk van die elle
Volgens alle sedes van ‘n linkerklou se seges- “Jy met die hand van sonde” Jy dra die brandmerk van ‘n onhandige kryger; erre-erre-erre, kik al van ‘n paap, tugtig alle elle- volg die inkgevlekte palme, Dis die duiwelshand! Tot in hedendaags, ‘n allemintige geveg Self die buurman glo hy’s reg. Da’Vinci steek dit selfs weg, […]
Julie 2025 – OOP (Skaduwee van tyd) projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 10 lede! WENNERS: BRONS: (1) 21 Awona MET Stil-stil terug (2) 6 Awona MET Asemloos (3) 14 Wilmari Marx MET Ek onthou SILWER: (1) 25 Retha van Deventer MET Tanende tempo van tyd (2) 26 Retha van Deventer MET Uurglasdrome (3) 9 Pieter Mostert MET Realitieit GOUD: […]
hand
uit jou hand weerklink dit van kant tot kant weinig is bekommerd of dit links of regs gaan val elke gedagte van links of van regs word soms interpreteer as aweregse snert o my hert © Tearlach.
[Brons] Hunkerende Hand
Hunkerende Hand sy’t nie gevra vir links se las die kains-merk wat niemand pas om teen die grein en teen die stroom te draai op reguit pad se droom hul fluister hand van nag en vloek die een wat lig uit reëls uit soek die vinger wat nie tekens wys soos tempel wette als ‘n […]
[BRONS] – Teen die Lyn
Teen die Lyn Ek was ses toe juffrou vir die eerste keer op my vingers geslaan het. “Nie daai hand nie, Mientjie,” het sy gesê, haar stem soet en ferm. “Jy moet regterhand gebruik.” My pen het uit my hand geval en op die grond gerol. Sonder om te dink, het ek hom opgetel — […]
Hotklou se handtekening
Hotklou se handtekening Ek was sommer nog piepklein toe ek agtergekom het dat ek dinge anders hanteer as ouboet Nic. Hy kon ons speelgoed met gemak hanteer en het alles baie maklik laat lyk as ons twee gespeel het. Ek, sy kleinsus Lien Meiring, het my eie manier gehad om dinge te doen. Ek onthou […]