Brose Baba
Denise kyk af na die klein wese wat op haar bors lê en slaap. Sy kan sy vinnige hartklop teen haar voel. Sy sluk swaar. Reën spat teen die venster en die stormwolke maak die vertrek donker. Skadu’s druk teen hulle. “Jy is so broos.” Sy vryf oor sy koppie. “Ek sal my bes doen […]
moeder
met eerste lig in my oë was sy maar daar haar donker oë flitsend oor my wakende oë wat alles sien sy was my moeder rein soos iemand wat moeder is kon wees geen taak te moeilik geen sonde te lelik liefde was sy liefde het sy gegee ingeplant in my gene in my gedagtes […]
owerste
soos wafferse matriarg stap fisantjie vanoggend uitdagende roep na haar maat waar ek op my duin sit en beskou kom prentjie van aleen-ouer-moeders wat spook en spartel om kop bo water te hou kinders wat misbruik maak van ma se goedheid pa wat net verdwyn of verantwoordelikheid ontduik belangrikste taak van elke ouer om kinders […]
MOEDER IS ‘N DEEL VAN MY
MOEDER IS ‘N DEEL VAN MY Moeder is ‘n deel van my ‘n stukkie wat in my hart sal bly ek is so dankbaar vir jou en my al die drome wat in my hart sal bly ek smag na moeder elke dag ek wens ek kon aan ma weer vat haar dukkies was so […]
Sereen soos poësie
deur die ruising van die vrugwater om my klingel jou stem deur die polsing van die naelstring brand jou liefde deur my alles, ja alles in Afrikaans Moeder jou liefde in eg Afrikaanse tongval was sereen soos poësie en het my geseën in volrond woorde ja, my fondasie was vas en seker in Afrikaans ©Anzé […]
Mamma
MAMMA Mamma, jy wat taal op my tong geplaas het kleure in my oë geverf het ‘n storie in my ore geplant het ‘n dansie in my spore gesaai het blomme in my trane rangskik het ‘n gebed in my stem gevleg het Mamma… dis jou siel wat onder my vlerke in geblaas is jou […]
Naelstringtaal
Vanaand sit ek mensalleen terwyl my gedagtes herinneringe baar moederliefde is ‘n kosbare ding wat my hart in tale laat sing. Waar is die dae toe ek nog knus op haar skoot, my kon verluister hoe Wolf vir Rooikappie fluister: “Vat jy hierdie kortpad en ek die lange, dan kyk ons wie is eerste daar.” […]
GRYSHEID VAN MY MOEDER
Terwyl ons rustig sit, val my blik op ma se gesig. Met effe skok deins my asem terug. Hare eens rooi, nou ‘n skakering van grys. ‘n Hartseer vul my oor die lewe se prys. In lyne en kreukels lê ‘n eens jeudig vlees. In haar oë vol van hartseer kan ek baie lees. Stadig […]
moedersdag
moedersdag eenkeer elke jaar onthou ’n groepie kinders dit gryp hul die geleentheid aan om haar met ’n vreugde-ontbyt koue pap en gebrande eiers en grootblink ogies te bederf haar trane is hul beloning haar liefde hul verskoning haar kloklaggie hul verering saam-saam kuier hulle ure om van ontbyttyd tot laatdag toe pa en manlief […]
baie jare lank was sy net daar
Die stilte langs die Hemelbed sonder style of brokaatgordyne -net ’n deurgang na sy Hemeltroon- is swaar gelaai met ouerliefde; baie jare lank was sy net daar vir jul die smal weg aangewys. Fyn plooie langs haar stil glimlag perkament om haar hart gevou kommerskrif en moederstreur soveel geskryf soveel geleef; hartstogtelik reik sy na […]