GRYSHEID VAN MY MOEDER
Terwyl ons rustig sit, val my blik op ma se gesig.
Met effe skok deins my asem terug.
Hare eens rooi, nou ‘n skakering van grys.
‘n Hartseer vul my oor die lewe se prys.
In lyne en kreukels lê ‘n eens jeudig vlees.
In haar oë vol van hartseer kan ek baie lees.
Stadig haar hand, wat vryf oor haar wang,
Deur haar woorde gespreek, kon ek wysheid ontvang.
Moeder van my, jou jare gaan gou,
Dink ek as ek jou sag met komberse toevou.
Liggaam nou bukkend sukkel om te loop.
Ouderdom wat stadig menswens van jou stroop.
My hartsbegeerte is om naby jou te wees.
Jou by te staan en te ontneem van jou aardse vrees.
Die voorreg wat God my nou kom bied,
Is om my liefde en omgee op Mamma uit te giet.
2 Kommentare
-

Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Baie emosie in hierdie stuk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2018 - Moeder projek