Jongste aktiwiteit:

As

As
As dit menslik moontlik kon wees,
Vir ander om te sien in my liggaam se vlees,
Sou ek jou vra, om my hart se deur oop te skuif,
En dit wat jy sien in klip neer te skryf.

As dit menslik moontlik kon wees,
Vir ander om te sien in my ligaam se vlees,
Sou ek weer kom vra dat jy my siel sou bekyk,
Sal jy dan wat jy sien in materiaal instryk.

Sou jy dit wat ek is, dit wat ek kan ervaar,
Vasvang in ewigheid om vir my nageslag te spaar.
Sou ander, wie ek is, dan beter kan verstaan,
Dat die aanslae van die lewe my nie kon verslaan.

Sou mensdom dan weet
Dat ek met liefde as my kreet,
Soveel vir ander om my kon voel.
Dat my emosies nie net trane was wat oor wange sou spoel.

Paula Paxton Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed