Hartsverraad
Harstverraad
Bloeiend drup my oopgerukte hart,
Van jou onherroeplike verraad.
Wat jy genadeloos oor my af moes dwing,
Alles net vir jou eie gewin.
Wind uit my syle, het jy my huilend laat staan,
My beveel om te wandel op my eie lewensbaan.
Jy kon nie verduidelik hoekom jy jare se deel,
Vir altyd van my weg moes steel.
Jou rug het jy ongenaakbaar op ons gedraai,
Terwyl my stem wat jou roep, in die wind verwaai.
Soos die as van jou klaar gerookte skyf,
Het jy my afgeskud van jou eens warm lyf.
Maar hoe kan ek jou blameer as ek in my droomwêreld wou leef,
En my passie vir jou het my styf laat kleef,
Aan ‘n liefde wat van begin verdoem sou wees,
Terwyl my sesde sintuig met sekerheid sou vrees.
Hoe liefde ‘n mens goed kan verblind,
Selfs met verraad bewyse wat ek kon laat verwaai in die wind.
Want die skrif was nog altyd teen die muur,
En het duidelik weespieël in ons laaste uur.
Paula Paxton ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.